Super Rugby

'Smit is ver van klaar'

2011-03-30 09:04
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Force wen Lions in Perth
Force wen Lions in Perth

Die Western Force het 'n bonuspunt gekry nadat hulle die Lions tydens hul Super-rugbywedstryd by die NIB-stadion in Perth geklop het.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Aikôna, reken die voorspeler-afrigter van die Stormers, Matthew Proudfoot, aan die vooraand van sy span se Super Rugby-kragmeting met die Sharks in Durban: John Smit is nog ver van klaar.

Dié Bok-kaptein het weliswaar in die naweek op Twickenham swaar gelewe, veral in die skrums, maar Proudfoot bly ’n uitgesproke bewonderaar.

“As iemand anders hom nie wil hê nie, kan ek hom asseblief kry? Vaste voorspelers makeer ’n paar agtereenvolgende wedstryde om op dreef te kom.

“John speel boonop loskop- en vaskopstut én haker – daar’s maar min spelers wat daarvoor kans sien. En sy soort ervaring en leierskap koop jy nie; dit word oor jare gekweek.”

Proudfoot reken nie die Sharks se nederlaag teen die Crusaders in Londen het die Stormers enige gunste bewys nie: “Dit het wel onderstreep watter kanniedood-span hulle is. Sjoe, wat ’n wedstryd!

Saterdag se kragmeting in Durban behoort nogmaals voorlangs beslis te word, maar tot dusver het die Stormers-pak ’n vuur getoon wat daar nie verlede jaar was nie.

“Ek wil die manne weekliks sien verbeter en ek is op die oomblik tevrede om dit te doen. Maar ek onthou dat ons hierdie einste gesprek op hierdie einste tydstip verlede seisoen ook gehad het – en kyk wat het toe gebeur.”

Proudfoot verwag dat reën die voorspelers se taak belangriker in Durban behoort te maak.

“Dieselfde kouefront wat môre (vandag) oor die Kaap beweeg, behoort teen Saterdag in Durban uit te kom.

Proudfoot sê ook dat die Stormers nie planne beraam vir Willem Alberts, vuurvreter-flank van die Sharks nie.

“Maak jy vir Willem planne, skep jy gate en geleenthede vir Ryan Kankowski en Keegan Daniel. Wat help dit jou dan?”

- Intussen het die Sharks dalk groot losskakelprobleme, berig Pieter Jordaan.

’n Kuitbesering wat die losskakel Jacques-Louis Potgieter teen die Crusaders opgedoen het, kan hom langs die kantlyn hou teen die Stormers.

Patrick Lambie het nog nie volkome herstel van sy vingeroperasie nie en daar sal dalk in die senter Meyer Bosman se rigting gekyk moet word.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24


Lees meer oor: john smit  |  beserings  |  super rugby  |  sharks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.