Super Rugby

Skudding kan rugby beïnvloed

2011-02-23 08:55
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Teen Dinsdagaand was daar nog geen sekerheid oor watter impak die verwoestende aardbewing in Christchurch, Nieu-Seeland, op die Super Rugby-reeks gaan hê nie.

Die Crusaders, die suksesvolste span in Super Rugby-geskiedenis, is in dié stad geleë.

Hoewel daar die naweek nie ’n wedstryd in die AMI-stadion daar plaasvind nie, kan die Crusaders se wedstryd in Wellington – teen die Hurricanes – en die Chiefs se besoek aan die Highlanders – in Dunedin – om menslikheidsredes in die gedrang wees.

Die Blues speel in Durban teen die Sharks.

Andy Colquhoun, Saru se kommunikasiehoof, het aan Sport24 gesê daar is nog geen rugbybesluite in daardie verband deur Sanzar gekommunikeer nie.

“Dit is verstaanbaar, aangesien baie mense dood is. Ons verwag dat daar in die lig van ál die trauma vir 48 uur nie daaroor gepraat sal word nie,” het Colquhoun gesê.

Die Crusaders was Dinsdag by hul oefenveld toe die aardbewing plaasgevind het. Van die spelers was in die stort en het met net hul handdoeke na veiligheid gevlug.

Sanzar se uitvoerende hoof, Greg Peters, het aan rugby365.com gesê die naweek se wedstryde gaan voorlopig voort.

Hy het wel gesê sy “hoogste prioriteit” is om vas te stel of die “rugbyfamilie” geraak is.
 
“Gegewe die omvang van die skade, sal die spelers op die een of ander manier geraak wees – hetsy direk of deur familiebetrokkenheid,” het Peters gesê.

Die Bulls se kaptein, Victor Matfield, het aan J.J.Harmse gesê: “Ons het baie vriende onder die Crusaders-spelers, en ’n mens kan maar net hoop dat hulle veilig is.

Ons word altyd op ons hande gedra as ons in Christchurch kom en dit is ontstellend om te dink dat daardie mense nou in nood verkeer.”
 
Die Crusaders is veronderstel om volgende naweek op hul tuisveld teen die Waratahs te speel.
 
Die AMI-stadion is in die vorige aardbewings van September beskadig. Of dit weer die geval is, is nog nie bevestig nie.

Christchurch moet later vanjaar ook sewe Wêreldbeker-rugbywedstryde, waarvan twee kwarteindstryde is, aanbied.

Die Internasionale Rugbyraad het in ’n verklaring gesê dit sal “onvanpas” wees om nou kommentaar te lewer oor Nieu-Seeland en veral Christchurch se status as Wêreldbeker-gasheer.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24
  

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior C# Developer

Cape Town CBD
Hire Resolve
R30000 - R40000

Manual Tester

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R20000 - R23000

Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R35000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.