Super Rugby

Skrumskakel-krisis tref Lions

2012-02-01 09:18
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg. – Die Pumas-skrumskakel Tian Meyer oefen nou ook saam met die Lions­ se Super-rugbygroep met twee van dié streekspan se skrumskakels wat mank langs die kantlyn sit.

Ross Cronjé en Whestley Moolman, wat in die buite-seisoen as aanwinste van onderskeidelik die Haaie en die Luiperds deur die Lions gelok is, gaan straks ’n paar weke langer weens beserings buite aksie wees.

Cronjé sukkel met ’n vingerbesering en Moolman het las van sy haksening.

Michael Bondesio is sedert Jano Vermaak se vertrek na die Bulle die nommereen-skrumskakel in die Goudstad.

Hy was die enigste skrumskakel in die Lions se groep vir Vrydag se wedstryd teen die Stormers in Kaapstad, wat die Lions met 6-28 verloor het.

Bondesio was wel een van die Lions se beste spelers, maar die vraag oor wie sy adjudant gaan wees, is nog onbeantwoord.

Die senter Doppies la Grange kan as noodgeval agter die oond waarneem, maar dit is kwalik ’n kans wat in Super-rugby gewaag kan word.

Meyer (23), wat in Durban skoolgegaan het, speel die afgelope twee seisoene vir die Pumas waar hy as veelsydige speler gebruik word.

Hy speel hoofsaaklik skrumskakel, maar die Pumas-breier, Jimmy Stonehouse, span hom soms ook as senter in.

By die Lions het hy hom by twee ander Pumas-spelers in die groep, die losvoorspeler Doppies le Roux en die slot Marius Coetzer, aangesluit.

Die Lions het Dinsdagoggend in versengende hitte kwaai onder hul afrigter, John Mitchell, se bevel gesweet en ’n lang drafsessie om die atletiekbaan by die Johannesburg-stadion met ’n verskeidenheid stoei-oefeninge voortgesit.

Terwyl die losskakel Elton Jantjies sonder enige ongemak saamgeoefen het, was daar geen teken van die senters La Grange en Dylan des Fountain nie.

La Grange is effe olik en Des Fountain het een van sy knieë teen die Stormers beseer.

Hy kan ’n geruime tyd buite aksie wees.

Die Lions se volgende voorseisoense wedstryd is eers op Dinsdag 14 Februarie teen die Kings in George­, maar Mitchell kan dalk ’n verswakte span Suid-Kaap toe te stuur.

Mitchell het ná sy span se nederlaag teen die Stormers sy misnoeë uitgespreek oor die moontlikheid dat die Kings ’n verswakte span vir die Lions-wedstryd mag kies.

Tog sal dié wedstryd voort- gaan, selfs al het Mitchell glo gesê hy weet nie of ’n wedstryd teen ’n verswakte teenstander die moeite werd is nie.

Dit is die Lions se enigste oorblywende voorbereidingstryd alvorens hul Super-veldtog op 25 Februarie teen die Cheetahs begin.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: beserings  |  lions

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.