Super Rugby

Skerp Spies vir Bulls

2010-03-09 10:20
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler
Coetzee soek nie meer oorsese losvoorspeler

Allister Coetzee, wat uit verskeie oorde gekritiseer is oor Jebb Sinclair se insluiting, het sy soektog na 'n oorsese losvoorspeler laat vaar.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

J.J. Harmse

Pretoria - Daar wag ’n nuwe reeks uitdagings op die Bulls in die volgende paar weke van die Super14-rugbyreeks, het hul afrigter, Frans Ludeke, gesê.

Eers is daar – die eerste keer in vanjaar se reeks – ’n Nieu-Seelandse teenstander en dan moet die Bulls hulle begin regmaak vir hul oorsese verpligtinge.

“Die twee wedstryde teen die Brumbies en Waratahs was taai, maar ons berei beslis anders voor vir die Kiwi-spanne.

Hulle vra meer van jou verdediging en is meer direk en jy moet bedag wees daarop,” het Ludeke gesê nadat die Bulls Maandag weer saamgetrek het ná hul loslootjie.

Die breier was baie tevrede met wat hy gesien het.

“Ja, die breek het ons goed gedoen. Die ouens met klein, lastige beserings het dit afgeskud en almal se koppe is weer vars.

“Ons het die seisoen sodanig beplan dat die Waratahs-wedstryd die eerste fase van die reeks afsluit,” het hy gesê.

“Dit beteken dat almal nou weer met ’n nuwe fokus terugkom, sonder om die basiese beginsels agterweë te laat. Ons is egter redelik geseënd op die oomblik en almal is fiks en lus vir speel.”

Ludeke sal waarskynlik nie veel aan sy span torring nie, hoewel ’n fikse Pierre Spies weer agtsteman behoort te speel en saam met Dewald Potgieter en Deon Stegmann die lostrio kan wees.

Volgens Ludeke gaan die Highlanders besliste uitdagings aan die Bulls stel.

Die span het ook nog nie vergeet hoe sleg hulle deur die Kiwi’s in verlede jaar se kragmeting in Palmerston North afgeransel is nie.

“Hulle was een van die min spanne wat ons verlede seisoen behoorlik van ons voete gespeel het. Daar is dus nie enige kanse dat ons hulle gaan onderskat nie. Die afgelope naweek se uitslae het weer gewys hoe straf die reeks kan wees,” het Ludeke benadruk.

Intussen het die Bulls se Springbok-skrumskakel, Fourie du Preez, gesê dit is teleurstellend dat Jimmy Cowan nie die naweek teen hulle gaan speel nie.

Hy het een van sy vingers teen die Stormers ontwrig en is reeds terug Nieu-Seeland toe. Jamie MacIntosh sal Saterdag die Highlanders aanvoer.

“Ja, dit is jammer vir hulle. Hy is immers die huidige All Black-skrumskakel en hulle kaptein. Jy kon sien die span het effens verslap nadat hy van die veld af is, maar sy plaasvervanger, Sean Romans, het daarna goed gedoen. Hy is ’n goeie speler en kan Cowan se plek vol staan,” meen Du Preez.

Dié Bulls-staatmaker het sy spanmaats groot laat skrik toe hy tydens Maandag se oefensessie ’n enkel seergemaak het.

Hy het tydens ’n opwarmoefening skeef getrap en is hinkepink van die veld.

“Ek het groot geskrik, maar gelukkig is die besering nie ernstig nie. Ek meen ek sal weer môre (Dinsdag) kan oefen,” het Du Preez gesê.

Daar was ook goeie nuus vir die Blou Bulle se Vodacombeker-span.

John Mametsa is vroeër in Kaapstad onskuldig bevind dat hy ’n boorvat uitgevoer het.

Hy is ná die Bulle se wedstryd teen die Pumas uitgewys.

Dit wil ook lyk of die Bokke Akona Ndungane en Chiliboy Ralepelle volgende week hulle terugkeer tot rugby sal maak.

Minder goeie nuus is die enkelbeserings van Gerrit-Jan van Velze en Dries van Schalkwyk.


- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

LouisdB sê... Ag die ou gesanik oor plaaslike spelers vs die wat oorsee speel maak my lam, kry die beste spelers om die toernooi te wen, al kom hulle van ysland! Ons leef in professionele era en ons verwag die spelers moet profesioneel wees maar ons ondersteuners is tog so verkramp! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-22°C Sunny. Mild. Pta: 7-18°C Mostly sunny. Cool.
Jhb: 4-15°C Mostly sunny. Nippy. Bfn: 2-18°C Morning clouds. Cool.
Dbn: 12-23°C Mostly sunny. Cool. PE: 11-23°C Morning clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Financial Manager

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Reporting Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Senior Financial Accountant

JHB - Central
Communicate Midrand Finance Specialist Resource
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 160i GLE AT MY02
2005
R 119,990.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Golf 4 1.6 Std 5-dr
2001
R 71,400.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.