Super Rugby

Sireli g’n Stormers-‘skurk’

2010-05-12 08:07
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Stephen Nell

Kaapstad - Sireli Naqelevuki word dalk deur die Kaapse rugbypubliek verguis, maar statistieke wat die vleuel se vertonings in vanjaar se Super14-rugbyreeks meet, plaas dié Fidjiaan bo die Springbok-vleuel Bryan Habana. Ook sê die Stormers se agterlyn-afrigter, Robbie Fleck, dat Naqelevuki meer wedstryde vir die Kaapse span wen as wat hy vir hom verloor.

Die statistieke is onafhanklik van die Stormers se bestuur bekom nadat Sport24 die omstrede Naqelevuki onder die vergrootglas geplaas het.

Dít kom ná Saterdag se blaps in sy eie doelgebied teen die Sharks waarmee ’n kritieke verdoelde drie kort voor rustyd afgestaan is. Die Sharks het met 20-14 gewen.

Naqelevuki het tot op hede in vanjaar se Super14-reeks 677 minute teenoor Habana se 834 gespeel en is ondanks minder speelkans die Bok-held aan verskeie fronte voor.

En, glo dit of nie, hy het minder foute as Habana gemaak!

Die statistieke wat bekom is, meet doodvatte gemaak en verbrou, omkeerbesit met doodvatte gewen, veld gewen nadat ’n vleuel die eerste keer kontak maak met ’n verdediger, breekslae, strafskoppe afgestaan en foute in die spel.

Habana tref egter dikwels die oog in aspekte van die spel wat nie met statistieke gemeet kan word nie.

Dit sluit in sy werkverrigting van die bal af, skoppe wat hy jaag en sy beperking van teenstanders se opsies op die verdediging. Hy is ook aansienlik beter om balle uit die lug te pluk en kommunikeer beter op die veld as Naqelevuki.

Die idee met dié statistiese vergelyking is juis nie om een vleuel teen die ander af te speel nie, maar om die Naqelevuki-debat van emosie te stroop en die feite weer te gee.

En die feit is dat Naqelevuki oor die algemeen vanjaar baie goed vertoon.

Hy is vroeër vanjaar teen die Hurricanes op Nuweland oënskynlik vergewe vir die hoogvat op die Blou Bulle se Jaco Pretorius wat die Westelike Provinsie verlede jaar ’n plek in die Curriebeker-eindstryd gekos het.

Die blaps Saterdag teen die Sharks het egter dié goeie werk tot ’n groot mate ongedaan gemaak en was hoogs ontydig.

In die konteks van die wedstryd het dit op ’n kritieke tydstip gebeur en die week voor ’n wedstryd teen die Bulls het dit rugbyskrywers en ondersteuners laat spoke opjaag oor wat verlede jaar gebeur het.

Naqelevuki gaan waarskynlik vandag sy plek kwyt wees in die Stormers se beginspan vir Saterdag se wedstryd teen die Bulls op Nuweland.

Joe Pietersen, Gio Aplon en Habana behoort die agterste driehoek te wees.

Nietemin kan die Stormers dalk besluit om Naqelevuki in die groep van 22 in te sluit. Hy geniet steeds groot aansien onder die spanbestuur en spanmaats.

“Sireli se bydrae is baie groot en hy wen meer wedstryde vir ons was wat hy verloor,” sê Fleck.

“Hy speel ’n kritieke rol op die aanval en die spelers om hom is baie gemaklik met hom in die span. Hy besef hy het nie goed gespeel teen die Sharks nie, maar die ander spelers het ook nie.

“Dis nie Sireli se blaps wat ons die wedstryd gekos het nie.

“Dit was die 25 hanteerfoute wat gemaak is.

“Ons kon geen momentum bou of struktuur in ons aanvallende spel kry nie.”

Sport24 het ook statistieke van die Bulls se vleuel-uitblinker, Gerhard van den Heever, bekom en plaas dit langs dié van Habana en Naqelevuki.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: super14  |  stormers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
21 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.