Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Superrugby

Sias praat oor Naka-frustrasie

2012-05-29 22:06
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Kings-breier bedank, keer terug na NS
Kings-breier bedank, keer terug na NS

Die Kings het aangekondig dat hul vaardigheidsafrigter, Brad Mooar, die span weens persoonlike redes verlaat het en op pad terug is na Nieu-Seeland.

Naka kies Brüssow op bank
Naka kies Brüssow op bank

Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.

Chiefs trap die Cheetahs
Chiefs trap die Cheetahs

Die Cheetahs word deur die verdedigende Super-rugbykampioene die Chiefs met 45-3 op die Waikato-stadion in Hamilton verniel.

Kaapstad – Die Cheetahs-losskakel Sias Ebersohn het gepraat oor sy frustrasie met Naka Drotské, afrigter, se blykbare gebrek aan vertroue in hom as voorste losskakel.

Hy het gesê hy het geen ander keuse as om Bloemfontein te verlaat nie.

Die nuus het Dinsdag bekend geword dat Ebersohn ‘n kontrak van twee jaar by die Force in Perth geteken het.

Die 23-jarige sal ná die Curriebeker-seisoen na Australië trek om by die Force aan te sluit as hul oorsese ontwikkelingspeler.

Drotské het ook Dinsdag die nuus bevestig.

“Ná uitgerekte onderhandelings met Sias Ebersohn se agent, Gerrie Swart, het beide ek en die Vrystaat Cheetahs Unie besluit om hom vry te stel van sy kontrak in 2013,” het Drotské gesê.

“Sias voel hy wil meer blootstelling tot rugby op die hoogste vlak hê en die geleentheid wat die Western Force hom bied, sal ‘n stap in die regte rigting vir hom as speler wees om daardie doelwitte te behaal. Ons wil nie in sy pad staan nie en daarom het ek hom vrygestel van sy kontrak volgende jaar. Ons wens hom alles van die beste vir die toekoms toe en bedank hom vir die rol wat hy by die Cheetahs gespeel het.”

Ebersohn het gesukkel om homself as voorste losskakel by die Cheetahs te vestig hierdie seisoen, met Johan Goosen wat die posisie sy eie gemaak het. Toe Goosen egter ‘n paar weke gelede weens ‘n skouerbesering uit die kompetisie is, is daar van Ebersohn verwag om na vore te tree.

Hy het egter nie aan verwagtinge voldoen nie. Hy het ‘n belangrike skop in die doodsnikke teen die Highlanders in Bloemfontein gemis en toe ‘n swak eerste helfte teen die Stormers op Nuweland gespeel, wat Drotské genoop het om Riaan Smit as losskakel in te span.

Ebersohn het Dinsdag aan die Vrystaatse radiostasie OFM gesê hy is ietwat bitter oor Drotské se besluit om hom uit die beginspan te laat.

“Ek het vir ‘n lang tyd gewag vir my kans by die Cheetahs en toe was (Johan) Goosen skielik op die toneel en toe hy beseer is, is ek skielik vervang deur Riaan Smit – in my drie jaar by die franchise het ek nog nooit met Riaan meegeding om ‘n plek nie en dit lyk asof die kanse wat aan ander spelers gegee is, nooit aan my gegee is nie. Dit is hartseer, maar in ‘n stadium moet jy na jouself kyk.

“Dit is nie in my hande nie. Ek is nie die afrigter nie en dit is nog altyd Naka se besluit. As ‘n speler sal ek altyd my beste gee en hierdie skuif sal nie die manier waarop ek speel beïnvloed nie. Dit is jammer om weg te gaan, veral wanneer jy besef hulle is nie werklik geïnteresseerd in jou nie.

“Ek het hoë verwagtinge van die seisoen gehad en dinge het nie altyd gegaan soos ek wou gehad het nie. Maar daar is beloftes van speeltyd gemaak wat nooit nagekom is nie. Goosen het ‘n goeie seisoen gehad en ek is ‘n speler wat nie vir geld speel nie, maar eerder om die spel te geniet. Jy kan nooit beter word tensy jy ondersteun word en verbeter op die veld nie. Gelukkig is hierdie ‘n les wat vroeg in my loopbaan gebeur het en ek kan nou daaruit leer.”

Hy voel hy moes meer ondersteuning gehad het ná wisselvallige vertonings en het geskimp na hoe die Bulls hul vertroue in hul losskakel, Morné Steyn, behou het.

“Morné het – aan sy standaarde gemeet – een van die swakste skopseisoene van sy loopbaan, maar hy speel steeds en die span ondersteun hom steeds. Ek het nooit genoeg gespeel om my selfvertroue op ‘n hoogtepunt te kry nie en sonder daai geleenthede word jy verroes, word jy vrot. Jy moet speel om ‘n spelpeil te handhaaf.”

Ebersohn het gesê hy kon eenvoudig nie die aanbod van die Force weier nie.

“Die Force het my genader en ek het nooit eerste met hulle gepraat nie. Hulle het gesê hulle dink ek is ‘n goeie speler en wil my as hul voorste losskakel hê. Watter speler in my posisie sal nie daardie geleentheid aangryp nie?”

“Ek het baie geleer in my tyd hier en nie net op die veld nie, maar lewenslesse ook, veral van Hawies (Fourie, die Cheetahs se agterlyn-afrigter). My tyd hier was goed, maar daar was baie besluite wat in my rigting moes gaan, baie spankeuses wat teen my gegaan het.”

- Volg Nuus24Sport op Twitter
 

Lees meer oor: sias ebersohn
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
46 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Superrugby-kommentaar

ErnusSmit sê... He simpatie - die arme man het gesien hy kon die spul nie vaardigheid aanleer nie. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Wednesday Edenvale - 16:47 PM
    Road name: N3 Northbound
    ACCIDENT in the right lane before the Linksfield Road exit - delays from Van Buuren Road
  • Wednesday Edenvale - 16:44 PM
    Road name: N3 Southbound
    DELAYS between Marlboro Drive and Gilloolys Interchange due to an accident on the southbound carriageway
 
Nog verkeersverslae...
 

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Aquarius Suites - Blouberg Strand, Cape Town

Spend 2 nights for R2 710 per person sharing at Aquarius Suites - Blouberg. The special includes accommodation, return flights, airport taxes, car rental and local travel insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Winskopie van die week – kry tot 60% afslag!!

Kry tot 60% afslag op DVD’s, Blu-rays, speletjies en musiek dié week by kalahari.com. Aanbod geldig tot 23 Junie solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Leapster GS Explorer + gratis speletjie

Ervaar al die vinnige aksie, nou met ’n nuwe opwindende ontwerp, wat volgepak is met opvoedkundige elemente vir kinders en kry ’n gratis speletjie. Koop nou!

Asus VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm

Bespaar R1000 op Asus se VivoBook met ’n 11.6”-raakskerm, dubbelkernverwerker, Windows 8, 2GB RAM en 500GB se bergingsruimte. Afgelewer binne 24 uur + gratis aflewering. Koop nou!

Ashes-krieket 2013

Kry die amptelike video-speletjie van die 2013 Ashes-krieketreeks. Beskikbaar vir Wii U, PS3, Xbox & PC. Vandeesweek beskikbaar. Koop nou!

Kry 30% afslag op van Deon Meyer se boeke

Koop enige 2 van Deon Meyer se boeke uit hierdie katalogus en kry 30% afslag. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.