Sharks val vas teen Crusaders
2010-02-26 10:50
In-diepte Verslae
Die afrigter van die Sharks, John Plumtree, het sy span aangekondig vir die vriendskaplike wedstryd teen Boland op Kingspark in Durban.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Christchurch - Die Sharks het hul eerste Super14-wegwedstryd teen die Crusaders in Christchurch, Nieu-Seeland, 35-6 verloor.
Shark-skrumskakel Rory Kockott het die eerste punte van die wedstryd met 'n strafskop aangeteken.
Net voor die fluitjie vir halftyd geblaas het, het Kockott weer hoop gegee toe hy met sy tweede strafskop geslaag het.
Hy was egter die Sharks se enigste puntemaker.
Die rustydtelling was 10-6 in die guns van die Crusaders.
Na ‘n skok-nederlaag verlede week teen die Reds, was die Crusaders diep in die skuld by hul ondersteuners.
Die Sharks moes dit ontgeld toe die krane behoorlik in die tweede helfte oopgedraai is.
Crusaders-vleuel Zac Guildford het veral uitgeblink en het twee keer agter die doellyn gaan kuier.
Die Engelse losskakel Andy Goode is met 'n geelkaart gestraf toe hy uitgewys is vir 'n hoogvat op die Crusaders se losskakel Dan Carter.
Dit was sy eerste Super14-wedstryd vir die Sharks.
Die Crusaders speel volgende week teen die Blues en die Sharks kom teen die Waratahs te staan.
Puntemakers:
Crusaders: Drieë: Zac Guildford (2), Quentin MacDonald, Adam Whitelock. Doelskoppe: Dan Carter (3) Strafskoppe: Dan Carter (3)
Sharks: Strafskoppe: Rory Kockott (2)
- Nuus24