Sharks skuif lostrio vir Brumbies
2011-05-05 14:11
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Durban - Die haker Bismarck du Plessis sal Saterdag in die beginspan vir die Sharks teen die Brumbies in Durban uitdraf weens kaptein John Smit se kuitbesering.
Die Shark se breier, John Plumtree, het Willem Alberts na die agsteman-posisie in die plek van die beseerde Ryan Kankowski geskuif. Jean Deysel sal die nr. 7-trui by Alberts oorneem.
Alistair Hargreaves, wat onlangs van 'n besering herstel het, vervang Ross Skeate op slot.
Die Durbaniete se agterlyn bly onveranderd met Stefan Terblanche wat die kapteinskap by Smit oorneem.
Jannie du Plessis sal Saterdag in sy 50ste Super Rugby-wedstryd vir die Sharks uitdraf.
Sharks:
15 Louis Ludik, 14 Odwa Ndungane, 13 Stefan Terblanche (kaptein), 12 Meyer Bosman, 11 JP Pietersen, 10 Pat Lambie, 9 Charl McLeod, 8 Willem Alberts, 7 Jean Deysel, 6 Keegan Daniel, 5 Alistair Hargreaves, 4 Steven Sykes, 3 Jannie du Plessis, 2 Bismarck du Plessis, 1 Beast Mtawarira
Plaasvervangers: 16 Craig Burden, 17 Eugene van Staden, 18 Anton Bresler, 19 Marcel Coetzee, 20 Conrad Hoffmann, 21 Adi Jacobs, 22 Lwazi Mvovo
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24