Sharks se 'vetties' gaan nie kan wegkruip
2011-12-01 11:01
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Durban – Die Sharks se hulpafrigter, Grant Bashford, het gewaarsku dat daar vanjaar geen plek vir onfikse spelers by dié Super Rugby-span sal wees om weg te kruip nie.
Bashford het gesê spelers se liggaamsvet sal gereeld gemeet word om te verseker dat hulle fiks bly.
"Ons gaan regtig hard wees op hierdie dinge vir aanstaande jaar se veldtog. Die ouens gaan weg vir Kersfees, maar hulle kry programme om vanaf te werk en daar sal strukture in plek wees vir die spelers wat nie die werk ingesit het nie," het Bashford Donderdag aan die redakteur van die Sharks-webtuiste, Michael Marnewick, gesê.
Hy het verduidelik dat die Durbaniete se voorseisoense oefening vanjaar anders as vorige jare is. Laas seisoen is daar eerste op 'n kondisioneringsprogram gefokus en spelers het eers in Januarie aan 'n rugbybal geraak.
"Maar vanjaar is vaardigheidsoefeninge vroeg reeds met bal-oefeninge bygewerk," het Bashford bygevoeg.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24