Super Rugby

Sharks sal nare gewoonte moet afleer

2011-06-15 10:02
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Johannesburg - Die Sharks sal Saterdag op Loftus Versfeld iets moet vermag wat hulle nog selde die seisoen in die Super Rugby-reeks kon doen as hulle ’n bra onwaarskynlike sege oor die Bulls wil behaal.

Dit is om op die veld én op die telbord van die afskop af saam met die Bloues te gesels.

Die Sharks se onvermoë om glad deur die ratte te beweeg vandat die fluitjie die eerste keer geblaas het, is een van die hoofredes waarom die span nou in die laaste week van die ligawedstryde in die penarie sit om op Loftus te móét wen om te oorleef.

Die Sharks sukkel al heel seisoen om hul stempel af te druk.

Al sedert hul kragmeting met die Crusaders op Twickenham het die Sharks die gewoonte om met die omdraaislag in die moeilikheid te wees en te moes terugveg vir al wat hulle werd is.

Teen die Crusaders, Bulls, en twee keer teen die Stormers, kon hulle dit nie regkry nie.

In hul tuiswedstryde teen die Brumbies, Waratahs en die Hurricanes, asook weg teen die Cheetahs en Lions, was dit eers in die laaste 40 minute wat die Sharks wakker geskrik en die spel gelewer het wat van hulle verwag word.

Die afrigtingspan sal planne moet maak om dié probleem reg te stel, anders is hul seisoen iets van die verlede.

“Jy moet goed begin én eindig en dit moet tussenin ook redelik goed wees,” het die Sharks-breier, John Plumtree, aan Sapa gesê. “Ons het as ’n groep daaroor gepraat (om gedurig te moet terug­veg).”

Plumtree het gesê sy span het nie té veel gesukkel in die Hoëveld se dun lug toe hulle Saterdag hier teen die Lions gelykop (30-30) gespeel het nie.

“Ons het sover in die eerste 15 tot 20 minute gesukkel en dan het dit beter geraak. Maar ons kan dit nie teen ’n gehalte-span soos die Bulls bekostig nie. Dus moet ons seker maak dit gebeur nie hierdie week nie.”

Plumtree-hulle sal moet toesien dat die Sharks op die aanval ’n verrassingselement behou, selfs al val die groot fokus daarop om die Bulls voorlangs te tem. Plumtree erken die Bulls sal as gunstelinge uitdraf, maar die Sharks is vasbeslote om te veg vir ’n plek tussen die voorste ses spanne: “Ek is seker ons is nie die gunstelinge nie, maar ons het baie om te verloor.

“Ons wil nie op die telling tussen die Waratahs en die Brum­bies staatmaak nie. Ons wil Loftus toe gaan en goeie rugby speel. As ons ons strategie regkry en seker maak al die ander faktore, soos lugdruk en ons toewyding is onder beheer, sal ons hulle ’n goeie tweestryd gee.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: bulls  |  sharks  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.