Super Rugby

Sharks reg om te byt

2011-06-21 08:16
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Durban – “Al is ons hóé lief vir die vrouens in ons lewens is ons baie bly om nie hierdie week by die huis te wees nie.”

Stefan Terblanche, die Sharks-kaptein en senter, sê hy en sy spelers wil vandeesweek nêrens anders as in Nieu-Seeland wees nie in ’n poging om die Crusaders se opmars na die Super Rugby-titel te probeer stuit.

“Die wedstryd teen die Bulls kon baie maklik ons laaste gewees het en dan sou ons hierdie week met vakansie gewees het.

“Al wil ons graag tyd saam met ons vrouens en die kinders deurbring, is ons baie bly ons is nog hierdie week by rugby betrokke en ‘haal nog asem’ in die Super Reeks,” sê Terblanche, een van die uitblinkers in die sege van 26-23 oor die Bulls.

Hy sê die toetsatmosfeer wat op Loftus Versfeld geheers het, het bygedra om die beste uit die spelers te haal.

“Dit was ’n ongelooflike atmosfeer en ’n wonderlike plek om so ’n belangrike wedstryd te kon speel.

“Daar is diegene wat sê rugby is besig om sy glans te verloor, maar enigeen wat op Loftus was, sal die teendeel kan bewys.

“Dit was ’n wonderlike advertensie vir die spel en ’n voorreg om in só ’n wedstryd te kon speel.

“Albei spanne het ’n skouspel daarvan gemaak.

“Om te kon seëvier in ’n volgepakte Loftus is iets wat ek altyd sal onthou,” sê Terblanche, wat die eerste van die Sharks se twee drieë gedruk het.

“Niemand kon ons toewyding om dié wedstryd te wen in twyfel trek nie.

“Ons het geweet ons sal vuur met vuur moet beveg en selfs nog meer as dit moet doen,” sê Terblanche.

“Elke speler was uit die staanspoor bereid om sy lyf op die spel te plaas.

“Ons het nou vir ons ’n hoë maatstaf gestel en gewys dit kán gedoen word.

“Daar sal Saterdag teen die Crusaders meer daarvan nodig wees,” sê Terblanche.

Patrick Lambie, wat in die heelagter-posisie ’n vertoning gelewer het wat hom as speler van die wedstryd laat uitstaan het, was ook beïndruk met die spesiale atmosfeer wat daar geheers het – al het ’n Bulls-ondersteuner aanhoudend ’n laser in sy oog geskyn wanneer hy aangelê het pale toe.

“Ek gee dit nie die skuld vir die skoppe (drie) wat ek gemis het nie, maar ek moet sê ek was heeltyd bewus daarvan en het dit steurend gevind,” sê hy.

Sy vertoning as heelagter was van so ’n aard dat die Bok-afrigter, Peter de Villiers, nou diep daaroor kan dink om hom as draer van die nr. 15-trui te oorweeg.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
22 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.