Sharks pak Crusaders dalk op Twickenham
2011-03-09 13:13
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Durban - Die Sharks is deur die Crusaders genader om moontlik die twee spanne se Super Rugby-kragmeting op 25 Maart, in Londen op Twickenham te speel.
Die Crusaders kan nie hul tuiswedstryde by die AMI-stadion in Christchurch speel nie aangesien dit deur die verwoestende aardbewing op 22 Februarie beskadig is.
Dié span se kragmeting teen die Hurricanes in die tweede week van Super Rugby was weens die aardbewing gekanselleer.
En verlede week het die Crusaders die Waratahs in Nelson gepak waar hulle ook Vrydag teen die Brumbies sal uitdraf.
Brian van Zyl, die Sharks se uitvoerende hoof, het Dinsdag gesê hy is deur sy Crusaders-eweknie genader oor die moontlikheid dat die Sharks en Crusaders se kragmeting in Londen gespeel kan word.
"Dit is tans onder bespreking, maar ons sal eers 'n besluit maak na Vrydag se wedstryd teen die Rebels in Melbourne," het Van Zyl aan die Witness in Durban gesê.
"Terwyl ons besef dat die Crusaders in 'n moeilike situasie is, moet ons 'n besluit maak wat die beste is vir die Sharks se Super Rugby-veldtog," het Van Zyl bygevoeg.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24