Smit op vaskop teen Rebels
2011-03-09 15:15
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Durban - John Smit sal vanjaar in sy eerste Super Rugby-wedstryd op vaskopstut uitdraf wanneer die Sharks Vrydag die Melbourne Rebels in Melbourne pak.
'n Kuitspierbesering het Smit uit die Sharks se openingswedstryd gehou, maar in die laaste twee wedstryde het hy speelkans as plaasvervanger gekry.
Afrigter John Plumtree het by die Sharks se spanaankondiging in Melbourne, gesê Smit sal Jannie du Plessis in die nr. 3-trui vervang en die kapteinsarmband by Stefan Terblanche oorneem.
Ryan Kankowski maak ook sy terugkeer tot die Sharks se 15-tal op agsteman terwyl Lwazi Mvovo die beseerde JP Pietersen op vleuel vervang.
Nog goeie nuus vir die Sharks is dat Odwa Ndungane betyds herstel het van die boorvat wat hom laas naweek in die hospitaal laat beland het, om die nr. 14-trui oor sy kop te trek.
Afskoptyd Vrydag is 10:40 in Melbourne.
Sharks:
15. Louis Ludik, 14. Odwa Ndungane, 13. Stefan Terblanche, 12. Meyer Bosman, 11. Lwazi Mvovo, 10. Patrick Lambie, 9. Charl McLeod, 8. Ryan Kankowski, 7. Willem Alberts, 6. Keegan Daniel, 5. Alistair Hargreaves, 4. Steven Sykes, 3. John Smit (kaptein), 2. Bismarck du Plessis, 1. Tendai Mtawarira
Plaasvervangers: 16. Craig Burden, 17. Jannie du Plessis, 18. Anton Bresler, 19. Jacques Botes, 20. Conrad Hoffmann, 21. Jacques-Louis Potgieter, 22. Adrian Jacobs
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24