Super Rugby

Sharks moet kopskuif maak ná olikheid

2011-05-04 09:34
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Op die hoogste vlak van rugby moet jy net een dag vyf persent af wees en jou teenstander vyf persent op – daai tien persent is ’n yslike klomp as dit by botsings kom.

Die gevolglike drag slae wat die Sharks oor die naweek teen die Stormers op die lyf geloop het, voorspel waarskynlik gevaar vir die sukkelende Brumbies.

“’n Klein veranderinkie in gemoed kan groot uitslae bring. Ons sal ons houding moet verander,” het die groot Sharks-flank Willem Alberts Dinsdag aan die media gesê. “Teen die Stormers het dit gelyk of ons net daar was om mee te ding, eerder as om net te speel om te wen.”

“Ons weet wat skeefgeloop het en ons sal ons houding dié week regkry, in mekaar glo en die kans vat om dinge reg te stel.

“Teen die Stormers het ons nie fisiek hard genoeg ingeklim nie en die lewe vir onsself in die proses bemoeilik. Ons het drie drieë uit eerste fase afgestaan, wat regtig is soos om presente uit te deel. Ons sal ons koppe moet agtermekaar kry – die Brumbies is ’n goeie span en het niks om te verloor nie.”

Saam met Alberts op die weeklikse mediakonferensie in die Haaitenk, het John Plumtree, die Sharks-afrigter, gesê hy vertrou sy span sal die terugslag kan verwerk en Saterdag die ding doen.

“Ons was nie lank gelede nie in dieselfde posisie. Ons het voorheen ook al verloor, goed selfondersoek gedoen en dinge omgekeer. Ons moet dié week maar net aanhou baklei, dis al wat ons kan doen. Die wyse waarop ons teen die Stormers verloor het, maak seer en ons moet op die regte manier reageer,” sê Plumtree.

Die Sharks het ’n loslootjie ná die wedstryd teen die Brumbies, maar speel daarna gasheer vir die Bulls in wat nou selfs ’n belangriker wedstryd geword het as wat dit reeds per definisie was.

“Dis dus deurslaggewend dat ons Saterdag goed speel,” sê Plumtree.

“Dis ’n hele ruk sedert ons die Brumbies geklop het en hulle is sekerlik ook gemotiveerd ná hul nederlaag teen die Cheetahs. Dit lyk al so half of hulle uit die reeks is, maar hulle sal beslis nie sonder ’n sege uit Suid-Afrika wil huis toe gaan nie.

“Dis ’n groot wedstryd vir albei spanne en die druk op die tuisspan ná ’n nederlaag is groot. Ons sal as ’n groep moet werk.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: brumbies  |  stormers  |  super rugby  |  sharks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.