Sharks knor oor logo op volwasse speelgoed
2011-05-27 08:01
In-diepte Verslae
Die Cheetahs wou seker maak die jong losskakel Johan Goosen word deur ervaring omring in die Vrystaters se eerste Super-rugbywedstryd van 2012.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg - Die Sharks is ontsteld oor omstrede volwasse speelgoed wat sedert verlede week verkoop word met ’n logo wat baie soos hulle s’n lyk.
Dit is nie net die Sharks wat by dié omstredenheid bygesleep is nie, maar ook die Bulls, want van die artikels wat glo te koop aangebied word het ook ’n soortgelyke Bulls-logo op.
Die Sharks-produkte, wat glo “geslagsdele” insluit, word bemark onder die naam Shark-attack.
Dieselfde maatskappy wat dié produkte nou verkoop, was vroeër ook in omstredenheid gehul toe hulle ’n Tiger Woods-produk op die rakke laat beland het.
By die Sharks is daar groot ongelukkigheid oor hierdie “vieslike” produkte wat onder hul naam verkoop word.
Hulle ondersoek die aangeleentheid om vas te stel of daar regsstappe gedoen kan word teen die maatskappy wat hul lisensie-regte verbreek het deur sonder hul toestemming artikels te verkoop.
Brian van Zyl, uitvoerende hoof van die Sharks, word in die Sydney Morning Herald aangehaal dat hy sê: “Al ons geregistreerde produkte word goedgekeur deur die bemarkingsagent Signet, maar ons sal nooit die Sharks-etiket met iets soos hierdie vereenselwig nie.”
Michael Ablett, bemarkingsbestuurder van die Sharks, het Donderdag ook bevestig die saak word ondersoek.
Volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sport24