Super Rugby

Sharks-bank spel gevaar

2011-04-29 07:54
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Met feitlik al hul krankes tegelyk weer gesond, sou ’n blinde man met ’n stok oor ’n draadloos kon voorspel dat die Sharks-rugbyspan Saterdag teen die Stormers op Nuweland met ’n gedugte plaasvervangersbank sou spog.

En dit is ook so – daar’s vyf Springbokke, plus die belowende Eugene van Staden en Conrad Hoffmann.

John Smit sal die Sharks lei, met Bismarck du Plessis wat ingevolge John Plumtree (afrigter) se gewone beleid eers via die bank van die krukkelys af terugkeer. Dieselfde geld die slot Alistair Hargreaves.

Du Plessis het vanjaar beter rugby gespeel, maar Smit was verlede naweek puik in die oorwinning oor die Hurricanes en het nog bitter selde ’n swak wedstryd teen die Stormers of die WP gespeel. En sy jonger mededinger om die Bok-trui in die laaste halfuur, uiters honger en gemotiveer, is nie ’n vooruitsig waarna veel teenstanders sou uitsien nie.

In ’n effens verrassende skuif ruil Odwa Ndungane en Lwazi Mvovo plekke, met die jonger man wat op die bank begin. Ndungane het verlede week as plaasvervanger opgedraf ná ’n besering, maar Mvovo het sy kans met albei hande gegryp.

Ndungane is ’n veel slimmer en meer skeppende speler, maar Mvovo se krag en vaart vergoed vir sy effense rouheid.

Plumtree wou nie groot praat by die aankondiging van sy span nie, maar is optimisties dat hulle verbeter het sedert die Stormers ’n maand gelede baas in ’n bitter taai kragmeting in Durban was.

“Dis so dat jy meer leer wanneer jy verloor as wanneer jy wen. Ons kon ná die wedstryd goed agteroor sit en kyk wat doen ons, wat doen ons verkeerd en hoe ons dit kan verander. Saterdag sal ons sien of ons ons strategie kan implementeer.”

Oor die waarskynlike afwesigheid van die Stormers-losskakel Peter Grant wou Plumtree hom nie eintlik uitlaat nie. Grant se stelskopvoet, gemak op die voordeellyn en verdediging was hoekstene van die span se vertonings tot dusver.

“Om eerlik te wees, ons bekommer ons net oor wat ons dié week doen, nie wat hulle doen of wie gaan speel nie. Hulle ken ons al teen die tyd, ons ken hulle en as hulle beserings het, is dit hul saak om op te los. Ons konsentreer eerder net op wat ons wil bereik.”

Wat die Sharks waarskynlik wil bereik, is ’n oorvloed stormlope in die rigting van waar Grant normaalweg sou staan. Met Willem Alberts, Beast Mtawarira en Smit, gevolg deur Du Plessis en Jean Deysel, kan dit ’n woelige middag op verdediging vir die tuis-lostrio wees.

Die Sharks-span is:

Louis Ludik, Odwa Ndungane, Stefan Terblanche, Meyer Bosman, JP Pietersen, Patrick Lambie, Charl McLeod, Ryan­ Kankowski, Willem Alberts, Keegan Daniel, Ross Skeate­, Steven Sykes, Jannie du Plessis, John Smit (k), Beast Mtawarira.
PLAASVERVANG­ERS: Bismarck du Plessis, Eugene van Staden, Alistair Hargreaves, Jean Deysel, Conrad Hoffmann, Adrian Jacobs, Lwazi Mvovo.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: super rugby  |  stormers  |  sharks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
15 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.