Super Rugby

Schalk se peil laat sy breier blom

2010-03-23 12:24
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad

Die “Incredible Schalk” is terug!

Schalk Burger het eintlik nog nooit met enigiets anders as oorgawe gespeel nie, maar sy spelpeil is vanjaar só goed dat dit die Stormers se afrigter, Allister Coetzee, aan die vuurvreterflank se ongelooflike seisoen in 2004 laat terugdink.

Burger is daardie jaar as die Internasionale Rugbyraad (IRR) se speler van die jaar aangewys. Coetzee was toe een van die Springbokke se hulpafrigters.

“Julle het Schalk afgeskryf,” het Coetzee die media Saterdagaand ná die Stormers se sege van 21-8 oor die Cheetahs op Nuweland gekasty.

“Ons weet wat ons in Schalla het. Toe Heinrich Brüssow op die toneel kom, het baie mense gedink die skrif is aan die muur vir Schalla.

“Hy was in teenstanders en skeidsregters se visier, maar het deur dit als gekom en sy klas gewys. Ek is bly om te sien hoe goed hy speel. Dit herinner my aan 2004.”

Burger is vanjaar as die Stormers se kaptein aangewys nadat Jean de Villiers sy loopbaan by Munster gaan voortsit het.

Hy gedy in dié rol en inspireer met sy spel. Benewens die feit dat hy steeds soos van ouds inklim, soek hy meer ruimte op die aanval op.

Coetzee is in sy noppies met Burger se leierskap en meen hy toon die potensiaal om sy land aan te voer.

“Hy het die vermoë om dit te doen. Hy is rustig, maar daar is ’n groot intensiteit,” het Coetzee gesê in antwoord op ’n vraag of hy ’n Bok-kaptein op hande het.

“Schalk som die spel vinnig en raak op. Hy het ’n goeie aanvoeling. Dit kom neer op intelligensie.”

Burger het nog nie vanjaar ’n geelkaart gekry nie, hoewel die ligte klap wat hy Meyer Bosman Saterdag gegee het hom byna in die pekel laat beland het.

“Schalk leef voluit en is ’n passievolle ou. Ek het geen probleem met hoe hy oefen en speel nie,” sê Coetzee.

“Soms is hy ongelukkig dat sulke dinge raak gesien word, maar dis al. Jy moet iets ernstigs aan Schalk doen voor hy reageer.

“Hy is die eerste ou wat vir die ander spelers gesê het hulle gaan probeer om onder ons vel in te kruip en dat ons die ander wang sal moet draai.

“Schalk bring kalmte en rustigheid.”

- Sport24
 

Lees meer oor: schalk burger  |  super14  |  stormers

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.