Super Rugby

Schalk op krukkelys vir Brumbies-stryd?

2010-02-23 01:00
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Schalk Burger kan straks Vrydagaand se kragmeting met die Brumbies op Nuweland misloop, maar die Stormers het in die naweek gewys dat hulle selfs sonder hul kaptein die mas teen die bestes in die Super14-rugbyreeks kan opkom.

Burger het vroeg in Saterdag se puik sege van 27-6 oor die Waratahs op Nuweland ’n dyspierbesering opgedoen en is in die 23ste minuut deur Pieter Louw vervang.

Dit het die Stormers nie van stryk gebring nie en Louw het geskitter terwyl die Stormers die Waratahs pap gespeel het.

Daar was weer nie ’n bonuspunt vir die Stormers nie, maar anders as verlede week teen die Lions sal dit onredelik wees om met die witbrood onder die arm te kla.

Hierdie was immers ’n stryd teen een van die topspanne in die reeks.

“Behalwe ons verdediging, is ek baie bly oor die sege.

“Ons het ons kaptein vroeg verloor en dit wys vir my ons groei as ’n span,” sê die Stormers se breier, Allister Coetzee.

“Andries Bekker het die leisels geneem en daar was baie kalmte in die span.”

Die Stormers het verlede jaar in hul eerste wedstryd op Nuweland die kluts kwytgeraak toe hul kaptein, Jean de Villiers, met ’n besering van die veld gedra is.

Hierdie keer het die verlies van hul leier en een van die wêreld se top-losvoorspelers nie so ’n dramatiese impak gehad nie.
“Ons het net by die strukture gebly.

“Almal weet wat om te doen en daar is genoeg leiers in die span om besluite te neem.

Sport24

“Dit was baie eenvoudig,” sê Bekker, wat as die speler van die wedstryd aangewys is.

Hoewel daar twyfel is oor Burger se kans om betyds te herstel, kan Wicus Blaauw moontlik vandeesweek vir die Stormers terugkeer.

Hy het sy skouer verlede week teen die Lions beseer.

“Wicus maak goeie vordering en het al twee sessies met die kondisioneringsafrigter gehad.

“Hy is ’n jong man en sterk vinnig aan.

“Hy kan dalk beskikbaar wees,” sê Coetzee.

Nie dat Coetzee sonder goeie rede sal wil torring aan die span wat Saterdag gewen het nie.

JC Kritzinger was in Blaauw se afwesigheid deel van ’n pak wat weer meer as sy man teen een van die mees fisieke agttalle in die reeks gestaan het.

“Ons het steeds plek-plek foute ten opsigte van die fisieke aspek begaan, maar in die geheel was dit ’n groot inspuiting vir ons selfvertroue.

“Die Waratahs is sterk in die skrums en lynstane,” sê Bekker.

Slegs sowat 37?000 toeskouers het kom kyk hoe die Stormers die grootste sege in hul geskiedenis oor die Waratahs behaal, maar Kaapse rugbygeesdriftigers behoort vandeesweek gees te vang.

Die Brumbies het Saterdag met 32-50 teen die Bulls verloor, maar was met rustyd 21-20 voor en die lugdruk in die Hoëveld het waarskynlik ’n rol in hul ondergang gespeel.

Juis daarom gaan die Stormers nie vandeesweek op hul louere rus nie.

“Die Brumbies is ’n goeie span en het vir Matt Giteau en Rocky Elsom bygekry,” sê die Stormers-breier.

“Hulle bied ’n ander soort uitdaging en is nie so fisiek soos die Waratahs nie.

“Hulle hou besit goed en neem die bal deur baie fases.”
 

Lees meer oor: rugby  |  super14

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.