Schalk herstel vinnig vir Sharks
2010-01-27 14:06
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad – Schalk Burger, die Springbok-flank sal Vrydag, ondanks sy besering as kaptein van die Stormers terugkeer wanneer hulle om 19:00 teen die Sharks te staan kom.
Burger het vir 'n geruime tyd met 'n bobeenbesering gesukkel, maar sy besering blyk iets van die verlede te wees.
Nuweland se getroue aanhangers kry nog ‘n geleentheid om die nuweling Bryan Habana en Jaque Fourie in die laaste wedstryd van die Neo Africa driehoek-reeks in aksie te sien.
Die Stormers het Saterdag die eerste wedstryd in die driehoek-reeks teen die Western Force gewen met ‘n telling van 54-12.
Die Western Force het egter weer terugbaklei nadat hulle die Sharks Dinsdagaand 26 – 0 geklop het.
Stormers: Joe Pietersen; Gio Aplon, Jaque Fourie, Juan de Jongh, Bryan Habana; Peter Grant, Dewaldt Duvenage; Duane Vermeulen,
Francois Louw, Schalk Burger (kapt), Andries Bekker, De Kock Steenkamp, Brok Harris, Tiaan Liebenberg, Wicus Blaauw.
Vervangers: Deon Fourie, JC Kritzinger, Eusebio Guinazu, Anton Van Zyl, Pieter Louw, Bolla Conradie, Lionel Cronje, Sireli Naqelevuki, Frikkie Welsh, Fabian Juries.
-Sapa