Super Rugby

Schalk gedy in leiersrol

2010-05-19 09:58
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Stephen Nell

Kaapstad  - Daar was ’n tyd toe hy as ’n lopende dissipline-risiko beskou is, maar Schalk Burger lyk goed op koers om die Springbok-rugbyspan in die era ná John Smit aan te voer.

Burger (27) se eerste seisoen as kaptein van die Stormers is ’n klinkende sukses, met die Kaapse streekspan wat Saterdag in hul eerste tuis-halfeindstryd sedert 1999 op Nuweland teen die Waratahs speel.

Burger het vanjaar met sy spelpeil uitgeblink en onder hom is die Stormers se dissipline ook indrukwekkend, met Bryan Habana se geel kaart Saterdag teen die Bulls – vir ’n professionele oortreding – hul enigste tot dusver in die Super14-reeks.

Burger se ervaring van 55 toetse en welslae as kaptein by die Stormers maak van hom ’n logiese keuse as Bok-kaptein wanneer John Smit en Victor Matfield ná volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi waarskynlik hul toetsloopbane gaan beëindig.

Dit kan selfs wees dat dit met Allister Coetzee in die tuig as Bok-breier sal wees, hoewel Peter de Villiers ook natuurlik kan besluit om weer vir die pos aansoek te doen.

Coetzee en Burger is in hul eerste seisoen as hoofafrigter en kaptein ’n sukses-storie.

Corné Krige, voormalige kaptein van die Stormers en Bokke, glo Burger se grootste deug as kaptein is dat hy deur sy voorbeeld lei.

“As jy deur jou voorbeeld as speler lei, hoef jy nie veel te sê nie. Schalk speel in elke wedstryd sy hart uit,” het Krige gesê.

Met die Stormers wat Saterdag teen die Waratahs speel, sal Burger natuurlik oudergewoonte teen die Aussie-span se kaptein en baljagter, Phil Waugh, opgeweeg word.

Die realiteit is egter dat daar nie streng gesproke in die Stormers se lostrio van Burger, Francois Louw en Duane Vermeulen iemand is wat hom uitsluitlik as ’n baljagter toespits nie.

Louw is seker die naaste daaraan, maar al drie se waarde lê in hul veelsydigheid. Ofskoon Burger ’n stewige werkverrigting by die losskrums het, is hy veral efektief as baldraer. Hy het luidens Verusco se statistieke byvoorbeeld met die 220 keer wat hy die bal hanteer het, 445 meter veld gewen ná kontak met die eerste verdediger.

Waugh wen meer dikwels as Burger omkeerbesit, maar het slegs 256 m veld gewen ná kontak met die eerste verdediger in die 196 keer wat hy die bal hanteer het.

Voorts is Burger, soos sy losvoorspeler-kollegas by die Stormers, ’n lynstaanopsie en Waugh nie.

Die feit dat al drie van die Stormers se losvoorspelers veelsydig is, is waarskynlik ’n faktor wat hulle só gedug maak.

“Schalk se werkverrigting is wat hom so waardevol maak, maar hy is te groot en lank om effektief in die tradisionele rol van oopkantflank te wees,” sê Krige.

“Gegewe sy lengte kompeteer hy besonder goed. Ek sou my indink dat Francois Louw eintlik meer omkeerbesit as Phil Waugh wen.

“Schalk en Duane is weer beter baldraers as Flo.

“Die feit dat al drie groot is, help ook die vaste vyf.

“Flo speel veral baie na die bal toe.

“Schalk se werkverrigting is baie hoog en ons sien deeadae dat hy ook die rol van balverspreider speel.

“Hy het goeie hande en vaardighede.

“Duane vervul die tradisionele rol van agtsteman uitstekend. Hulle vul mekaar besonder goed aan.”

Dis inderdaad ’n lostrio wat nog nie vanjaar ore aangesit is nie, en dit sal geen verrassing wees indien Louw en Vermeulen ook binnekort op nasionale vlak erkenning kry nie.

Verusco verskaf statistieke aan al die Super14-spanne behalwe die Stormers, maar ontleed ook die Kaapse span se wedstryde.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: super14  |  stormers

Lewer kommentaar op hierdie artikel
14 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.