Super Rugby

Schalk bieg oor besluit

2011-05-09 07:30
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Kaapstad - Die Stormers se kaptein, Schalk Burger, het erken dit was eindelik ’n “swak besluit” om herhaaldelik rolmaalbewegings van stapel te stuur toe Lionel Cronjé se skopskoen eerder laat nog die praatwerk kon doen in Saterdag se Super Rugbywedstryd teen die Crusaders op Nuweland.

Wyatt Crockett se tweede verdoelde drie in die 63ste minuut het aan die besoekers ’n voorsprong van 20-14 besorg. Dit was ook die eindtelling.

Die Stormers het in die 67ste minuut die kans gehad om pale toe te korrel, maar eerder die kantlyn opgesoek en die eerste van drie rolmaalbewegings geloods. Met die derde keer het hulle die bal verloor en kon die Crusaders die druk verlig.
Hoewel die Crusaders twee keer voor dit gestraf is, is die vraag natuurlik waarom Cronjé nie maar eerder gevra is om pale toe te korrel nie.

Selfs al het die Stormers ’n drie gedruk, was dit geen uitgemaakte saak dat die doelskop sou oor wees om die wedstryd met 21-20 te beklink nie.

“Dis altyd maklik om ná die wedstryd te praat oor watter besluit eerder geneem moes word. Ek het gedink ons het die Cru­saders onder groot druk gehad,” het Burger gesê.

“Ons kon egter nie punte kry nie en het later wéér geleenthede gekry. Dis maar altyd moeilik. Dis ’n besluit wat op grond van die senior spelers se voorgevoel geneem word.

“As jy die drie punte neem, skop hulle natuurlik weer af en is jy dalk terug in jou kwartgebied. Die besluit sou ’n goeie een gewees het as ons ’n drie gedruk het, maar uiteindelik was dit ’n swak besluit.”

Allister Coetzee, Stormers-afrigter, glo ook nie dit was ’n fout om laat in die wedstryd etlike plaasvervangers op te stuur nie.
Die eerste permanente verandering was Brok Harris vir die beseerde CJ van der Linde in die 49ste minuut.

Daarna is De Kock Steenkamp se vars bene in die 60ste minuut in Rynhardt Elstadt se plek ingespan, voordat Juan de Jongh, Ricky Januarie, Tiaan Liebenberg, Nick Koster en Kurt Coleman (laasgenoemde vir ’n besering aan Jaque Fourie) almal binne ’n minuut met ongeveer 15 minute oor opgestuur is.

Dit kon heel moontlik die Stormers se ritme versteur het.

“Dis immers waarom plaasvervangers daar is. Dit sou nooit net 15 spelers se poging wees nie. Dit het 22 spelers geverg. Ons het die vars bene en energie benodig. Jy kon sien die manne wat opgestuur is, was vol lewe, maar eindelik moet jy besit kan behou,” het Coetzee gesê.

“Ons was ons eie grootste vyand. Daar is foute gemaak, besit in die lynstane verbeur en balle wat nie uitgeskop is nie. Ten minste weet ons dit kan reggestel word.”

Die een noemenswaardige positiewe aspek was sy regtervleuel, Johann Sadie, se spel in sy eerste stryd in die beginspan.

“Sadie het gewys dat ons keuse van hom die regte een was. Hy leer nog en het mettertyd begin moeg raak, maar sy vertoning was goed,” het Coetzee gesê.

“Matthew Berquist (losskakel) was myns insiens die Crusaders se onbesonge held. Mense het vooraf gepraat oor Sonny Bill Williams en Robbie Fruean, maar Berquist het leiding gegee en vir hulle die wedstryd gewen.

“Ons moet die nederlaag aanvaar en die hou maar op die kennebak vat. Ons is deur ’n beter span op die aand geklop. Hulle het munt geslaan uit hul kanse en ons het kanse met onnodige foute verspeel.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
144 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.