Saru maak kapsie oor Crusaders-akademie
2010-05-25 13:32
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad - Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) is nie gelukkig oor berigte dat die Crusaders met 'n rugby-akademie, jong spelers wil werf om in Nieu-Seeland te gaan speel nie.
Skole in Suid-Afrika het verlede week briewe van die Crusaders se rugby-akademie ontvang waar spelers genooi word om aan 'n "landswye talentsoekprogram" deel te neem.
'n Allesbetaalde "oefenkamp" vir 60 onder-16 spelers sal glo vanaf 5-10 Julie in Pretoria plaasvind.
Die Crusaders-afrigter, Todd Blackadder, en ander voormalige Crusaders-toetsspelers sal dié oefenkamp aanbied.
Die uitvoerende hoof van die Crusaders, Hamish Riach, het aantygings dat dié Nieu-Seelandse span probeer om Suid-Afrika se opkomende rugbysterre weg te lok, ten sterkste ontken, maar ‘n afskrif van die brief wat aan skole gestuur is, is in die besit van Sport24.
Kliek hier om die brief te sien.
Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het bevestig dat hulle die Nieu-Seelandse Rugbyunie op amptelike vlak genader het om te kla oor die "aanstootlike" manier waarop die Crusaders te werk gaan om Suid-Afrikaanse talent te lok.
Saru het ook gesê dat hulle die minister van sport, Makhenzi Stofile oor die situasie sal inlig en hoop om die aangeleentheid vriendskaplik op te los. Indien nie, sal Saru formeel vra dat Sanzar, beheerliggaam van rugby in die Suidelike Halfrond, optree.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24