Saru klaar S15-verwarring uit
2012-05-10 23:04
In-diepte Verslae
Die Bok-stut Tendai "Beast" Mtwarira is terug vir die Sharks se Super-stryd teen die Bulls, nadat hy lank op die kantlyn was weens 'n besering.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Johannesburg – Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) het Donderdag die posisie van Suid-Afrikaanse spanne wat deelneem aan die Super Rugby-kompetisie uitgeklaar.
Saru het gesê sy uitvoerende raad het in Januarie by ‘n spesiale algemene vergadering gesê die top-vier spanne in die Suid-Afrikaanse konferensie in vanjaar se Super Rugby-kompetisie sal volgende jaar saam met die Souther Kings aan die kompetisie deelneem.
Die kwessie, wat wyd gedebatteer word, sal afgehandel word by die volgende algemene vergadering op 13 Julie in Kaapstad.
Die besluit om die Southern Kings by die 2013 Super Rugby-toernooi in te sluit, is by dieselfde vergadering gemaak.
Saru het Donderdag onthul dat daar ook voorgestel is dat die span wat die laagste eindig in die Suid-Afrikaanse konferensie in ‘n promosie/relegasie-wedstryd sal speel teen die span wat nié in die kompetisie speel nie na die 2013- en 2014-seisoene.
Die franchises het egter by dieselfde vergadering gevra dat ‘n besluit oor die meganismes van kwalifikasie uitgestel word sodat hulle tyd het om ander voorstelle te maak.
Luidens ‘n dokument oor Suid-Afrikaanse deelname aan die 2013 Super Rugby-kompetisie het Saru die versoek toegestaan.
Jurie Roux, uitvoerende hoof van Saru, het luidens die dokument gevra dat daar op rekord gestel moet word dat die vertraging in ‘n besluit die versoek van die franchises was en dat dit Saru vrywaar van enige kritiek oor die vertraging van ‘n besluit.
By ‘n vergadering tussen die uitvoerende raad en die franchise-verteenwoordigers is daar besluit dat ‘n afvaardiging van franchise-verteenwoordigers Saru se Sanzar-afgevaardigdes sal vergesel om Sanzar-vennote te ontmoet.
Hulle sou vra dat die kompetisie tot 16 spanne uitgebrei word om al ses Suid-Afrika se huidige franchises te akkomodeer.
Dié vergadering is sedertdien uitgestel sonder dat ‘n datum vasgestel is.
“Rugby is nog die heeltyd verenig in die ondersteuning van die Kings se plek in Super Rugby in 2013,” het Roux gesê.
“Ons fokus is daarop om ‘n rugby-antwoord te kry op die vrae wat daarop volg wat regverdig en deursigtig in die meganisme is en wat Suid-Afrikaanse rugby op die lang duur sal versterk. Daardie gesprekke duur voort.
“Totdat ‘n finale besluit gemaak word, het die franchises en Saru ooreengekom dat dit nie hulpsaam sal wees vir die mededingende spanne om in die openbaar te debatteer oor die positiewe en negatiewe van verskillende scenario’s nie.
“Wanneer ‘n besluit aangekondig word, sal ons volledig aan rugbyondersteuners kan terugrapporteer.”
Saru het gesê franchise-verteenwoordigers en lede van die uitvoerende raad sal op 17 Mei in Johannesburg vergader vir verdere gesprekke.
- Volg Nuus24Sport op Twitter
- SAPA