Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 
Superrugby

Sarel proe soet én suur by 'Tahs

2012-02-27 09:25
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Cheetahs weer op spoed
Cheetahs weer op spoed

Die skrumskakel Piet van Zyl het twee keer vir die Cheetahs oorgeduik in hulle oorwinning oor die Reds in Bloemfontein.

Naka kies Brüssow op bank
Naka kies Brüssow op bank

Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.

Chiefs trap die Cheetahs
Chiefs trap die Cheetahs

Die Cheetahs word deur die verdedigende Super-rugbykampioene die Chiefs met 45-3 op die Waikato-stadion in Hamilton verniel.

Sydney. – Sy buiging vir die Waratahs in die Super-rugbyreeks was bittersoet vir die Suid-Afrikaanse skrumskakel Sarel Pretorius.

Dié buksie het met 13 minute oor vir die tuisspan gaan druk in die kragmeting met die Reds en dit het na die wendrie vir die Waratahs gelyk.

Maar Pretorius en sy nuwe spanmaats se vreugde was van korte duur toe die vleuel Dom Shipperley in die doodsnikke ’n weghol-drie gaan druk het om die Reds se seisoen met ’n oorwinning af te skop.

Shipperley het meer as 60 m genael om aan die besoekers ’n sege van 25-21 te besorg.

Die Reds se losskakel, Mike Harris, se skopvoet was uiteindelik die verskil.

Hy het ses strafdoele behaal en ofskoon hy nie dieselfde flair aan die dag gelê het nie, het hy bewys dat hy gemaklik as die beseerde Quade Cooper se adjudant ingespan kan word.

Wycliff Palu het vir die tuisspan gaan druk voordat Pretorius afgerond het, maar toe laasgenoemde deur Brendan McKibbin vervang is, het die wiele afgeval.

McKibbin het die bal doelloos weggeskop en die Reds het ’n laaste aanval geloods wat op Shipperley se wendrie uitgeloop het.

Puntemakers:

Reds 25 (12): Drie: Dom Shipperley. Doelskop: Mike Harris. Strafdoele: Harris (6).
Waratahs 21 (8): Drieë: Wycliff Palu, Sarel Pretorius. Doelskop: Daniel Halangahu. Strafdoele: Halangahu (3).

Die Chiefs het behoorlik onder die beseringspook deurgeloop in hul nederlaag van 19-23 teen die Highlanders in Hamilton.

Die Chiefs-stut Ben Afeaki het sy arm gebreek en sal 12 weke langs die kantlyn wees.

Hul loskopstut, Toby Smith, het ’n kuitspier verrek het en sal self ses weke buite aksie wees.

Brendan Leonard, die Chiefs- skrumskakel, het sy dyspier geskeur en sal tot 10 weke ruskans nodig hê, terwyl die vleuel Lelia Masaga (knie) en agtsteman, Alex Bradley (enkel), straks ook drie weke op die krukkelys sal wees.

Die Highlanders was met 9-19 agter nadat Leila Masanga vir die Chiefs gaan druk het, maar Aaron Smith en Phil Burleigh het toe ’n drie gedruk vir die sege.

Puntemakers:

Highlanders 23 (9): Drieë: Aaron Smith, Phil Burleigh. Doelskoppe: Chris Noakes (2). Strafdoele: Noakes (3).
Chiefs 19 (16): Drie: Leila Masanga. Doelskop: Aaron Cruden. Strafdoele: Cruden (4).

Die Rebels-kaptein, Stirling Mortlock, het tot Woensdag kans om te bewys dat hy volkome van ’n beseerde kuitspier herstel het om vir die Waratahs-stryd in aanmerking te kom.

Die Rebels se loslootjie het Mortlock bykomende herstelkans gegee, maar hul afrigter, Damien Hill, het toegegee dat dit nie ’n uitgemaakte saak is dat die senter sal speel nie.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24
 

Lees meer oor: sarel pretorius  |  waratahs
VOLGENDE OP NUUS24X

Cheetahs weer op spoed

2013-05-18 21:23

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Superrugby-kommentaar

Martin Schoeman sê... Glimlag met stres, want die ritme het maar weer kortgekom, maar steeds 'n welverdiende en mooierige wen. Lees die storie...

 
Verkeer
Lotto
 
  • Thursday Bethlehem - 06:54 AM
    Road name: N5 Both Ways
    Roadworks - two stop / go controls between Bethlehem and Kestell - expect waiting times of up to 15 minutes at each control
  • Thursday Bethlehem - 07:12 AM
    Road name: R76
    ROADWORKS - stop / go controls between Bethlehem and Lindley
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Winchester Mansions

Spend 3 nights at Winchester Mansions from R3 330 per person sharing and pay for 2 nights. Includes accommodation, return flights, car rental and Local Travel Insurance.

Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Sylvia Day se Entwined with You

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Maak onvergeetlike oomblikke joune op DVD en Blu-ray

Ongelooflike winskopie-aanbod – twee vir R99, vir ’n DVD of Blu-ray. Maak onvergeetlike oomblikke in rolprente deel van jou versameling. Koop nou!

Sensasionele besparing op speletjies, nabootsers – bespaar tot 25%

Moenie hierdie fantastiese spesiale aanbod misloop nie: vlieg vliegtuie, wees in beheer van ’n polisiemag in die grootste stede en nog veel meer. Moenie talm nie – die aanbod is net geldig vir ’n beperkte tyd en solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Uitverkoping van huisware – bespaar tot R1000

Daar kan kwalik ’n beter aanbod wees. Bespaar tot R1000 op uitgesoekte toerusting en huisware-produkte. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Witwarm Weber-aanbod!

57cm kompakte braaitoestel + GRATIS deksel + GRATIS visbraaier vir R1299.95. Solank voorraad beskikbaar is. Stel nou ondersoek in.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.