Sadie in Bulls se beginspan
2012-02-08 22:02
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Pretoria – Die voormalige Stormers-senter Johann Sadie sal Saterdag sy debuut vir die Bulls maak teen die Cheetahs in ‘n voorseisoense wedstryd by die Peter Mokaba Stadion in Polokwane.
Die 22-jarige het laat verlede jaar die Stormers en die Westelike Provinsie vir die Bulls verlaat.
Hy kry nou ‘n kans om sy waarde te toon aan Frans Ludeke, Bulls-afrigter, wat ‘n beginspan met 11 Springbokke aangekondig het.
Die wêreldbeker-spelers Morné Steyn, Francois Hougaard en Chiliboy Ralepelle sal almal in aksie wees.
Francois Venter en CJ Stander is die enigste twee spelers in die beginspan sonder enige ervaring in Super Rugby.
“Ons sien uit daarna om te sien waar ons staan in dié stadium van die seisoen. Die Cheetahs het al ‘n paar wedstryde agter die rug en sal ‘n moeilike teenstander wees – presies wat ons nou nodig het,” het Ludeke gesê.
Ralepelle sal die Bulls se kaptein wees, met Pierre Spies (kuit) en die onderkaptein, Wynand Olivier (gewrig), wat weens beserings nie sal speel nie. Jacques Potgieter (rug) is ook nie oorweeg nie.
Die spanne is:
Bulls: 15 Zane Kirchner, 14 Akona Ndungane, 13 Johann Sadie, 12 Francois Venter, 11 Bjorn Basson, 10 Morné Steyn, 9 Francois Hougaard, 8 CJ Stander, 7 Dewald Potgieter, 6 Deon Stegmann, 5 Juandré Kruger, 4 Flip van der Merwe, 3 Werner Kruger, 2 Chiliboy Ralepelle (kaptein), 1 Dean Greyling.
Plaasvervangers: 16 Willie Wepener, 17 Frik Kirsten, 18 Wilhelm Steenkamp, 19 Arno Botha, 20 Jano Vermaak, 21 Louis Fouché, 22 JJ Engelbrecht.
Cheetahs: 15 Willie le Roux, 14 Rayno Benjamin, 13 Robert Ebersohn, 12 Philip Snyman, 11 Rocco Jansen, 10 Johan Goosen, 9 Pieter van Zyl, 8 Davon Raubenheimer, 7 Ashley Johnson, 6 Heinrich Brüssow, 5 Izak van der Westhuizen, 4 Andries Ferreira, 3 WP Nel, 2 Adriaan Strauss (kaptein), 1 Trevor Nyakane.
Plaasvervangers: Sal nog aangekondig word.
- SAPA