'Saders draf Brumbies kaf
2010-05-14 11:43
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Anja Carstens
Kaapstad - Hardlooprugby uit die boonste rakke is Vrydag in Christchurch gespeel in die Crusaders se Super14-oorwinning van 40-22 oor die Brumbies.
In 'n maak of breek stryd vir die halfeindronde, het die Crusaders reeds in die eerste helfte drie drieë gedruk.
Die rustydtelling was 22-10 in die guns van die tuisspan met die Brumbies wat by tye swaar gekry het in die skrums.
Die Brumbies het eerste in die tweede helfte toegeslaan met 'n drie deur stut Ben Alexander.
'n Bonuspunt vir die Crusaders het in die 51ste minuut van die wedstryd gekom na 'n drie deur kaptein Richie McCaw.
Flank George Smith het sy laaste wedstryd vir die Brumbies afgesluit met 'n mislukte doelskop in die 80ste minuut nadat plaasvervanger Huia Edmonds in die doodsnikke van die wedstryd gaan druk het.
Puntemakers:
Brumbies: Drieë: Tyrone Smith, Ben Alexander, Huia Edmonds Doelskoppe: Matt Giteau (2) Strafskoppe: Matt Giteau
Crusaders: Drieë: Sean Maitland, Kieran Read, Owen Franks, Richie McCaw, Zac Guildford Doelskoppe: Daniel Carter (3) Strafskoppe: Daniel Carter (3)
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Nuus24