Super Rugby

SA moet wag ná naweek van riller-rugby

2011-06-12 08:03
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Suid-Afrika sal tot volgende naweek moet wag om te sien of hulle een, twee of drie spanne in die uitspeelfase van die SuperRugby-reeks gaan hê.

Ná ’n naweek van riller-rugby waarin die drie plaaslike aanspraakmakers gehik, gestamp en gestoot het in hul onderskeie veldtogte, moet die land nóg ’n naweek wag om te sien of die Stormers, Bulls én Sharks dit ’n glorieryke een vir hul land gaan maak in die eerste jaar van die vergrote Super-reeks.

Al drie spanne het Saterdag ’n kans om deel te bly van die vergrote reeks met sy eienaardige uitspeelformule waarin elkeen van Suid-Afrika, Nieu-Seeland en Australië uitspeelwedstryde gewaarborg is, maar nie noodwendig volgens die finale puntelys nie.

Terwyl die Bulls en Stormers mekaar op Nuweland in die grond ingespeel het (met die Bulls met 19-16 baas), kon die Sharks nie dié stryd tussen die Noord-Suid-vyande tot sy voordeel benut nie en moes diep, diep delf om ’n begeesterde Lions-span in toom te hou.

Die gelykop-uitslag (30-30) op Coca-Cola Park was nié wat die besoekers nodig gehad het nie en hulle het die onbenydenswaardige taak om komende naweek die Bulls op Loftus Versfeld te klop om seker te maak hulle speel nog saam in die reeks.

Die feit dat drie plaaslike spanne in die uitspeelfase is, is goeie nuus vir die Springbokke en hul hoop in die Wêreldbekertoernooi, glo die Bulls-kaptein, Victor Matfield.

“In 2007 het die Sharks en die Bulls in die eindstryd van die Super14-reeks gespeel en dit het ons definitief ’n hupstoot gegee met die oog op die Wêreldbeker. Ons het bymekaar gekom met baie selfvertroue en die wete dat ons die spelpatroon het wat ons suksesvol kon maak. Om drie spanne in die laaste ses te hê vanjaar, kan dieselfde effek hê.”

Waar die stryd op Coca-Cola Park veel meer in spanverband gespeel is, was die stryd op Nuweland baie meer persoonlik.

Verskeie spelers in albei spanne het baie gehad om voor te speel nadat die Bok-afrigter, Peter de Villiers, besluit het om sy groep van 51 tot 37 te verklein, met verskeie Bok-aanspraakmakers soos Zane Kirchner, Bjorn Basson, Deon Stegmann, Dewald Potgieter, Francois Louw, Ricky Januarie en Peter Grant wat weggelaat is uit die groter Bok-prentjie.

Dit was genoeg motivering vir verskeie van dié spelers om blikaspaai te speel en uiteindelik het hulle. Dit laat die Bok-afrigter met ’n klomp regmerkies wat hy moet maak.

Uiteindelik lag SA Rugby waarskynlik die lekkerste, want terwyl die Cheetahs en Stormers in Bloemfontein en die Bulls en Sharks in Pretoria mekaar in die grond in gaan speel Saterdag, rol die rande in.

Een aspek oor SuperRugby is baie duidelik. Die Reds, Blues en Cru­saders is goeie spanne, maar Bok-rugby kan breëbors loop oor sy trio.

- Volg Nuus24Sport op Twitter.

- Rapport

Lees meer oor: lions  |  rugby  |  cheetahs  |  super rugby  |  stormers  |  sharks  |  bulls

Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.