Super Rugby

Ruskans vir die Stormers; steil pad vir Sharks

2011-06-19 07:05
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Bloemfontein – In Pretoria is dit die einde van ’n glorieryke era en in die Kaap is dit weer Hollands!

Nadat die Bulls se manmoedige poging om hul Superrugby-titel te verdedig Saterdagmiddag met ’n nederlaag van 23-26 teen die Sharks op Loftus Versfeld gesneuwel het, het die Stormers Saterdagaand seker gemaak van ’n tuishalfeindstryd deur die Cheetahs in die Vrystaat-stadion met 44-34 te klop.

Die Sharks is danksy hul sege ook deur na die uitspeelwedstryde, maar ’n opdraande stryd wag vorentoe op hulle.

Die Durbaniete moet vandeesweek na Nieu-Seeland reis om teen die wenners van die Kiwi’s se Super-groep, die Crusaders, te speel.

Die Blues en Waratahs sal sake in die ander kwarteindstryd in Auckland uitspook.

Dít terwyl die Stormers ­luilekker agteroor gaan lê op hul rusbanke voordat hulle volgende naweek in hul agterplaas die eindstryd gaan probeer haal.

Die Stormers het Saterdagaand vir die eerste keer in ’n dekade ’n trofee verower toe hulle bo-aan die Suid-Afrikaanse konferensie geëindig het.

Dít is die eerste noemenwaardige trofee wat ’n Kaapse kaptein kon lig sedert Corné Krige in 2001 die gesogte Curriebeker omhoog gehou het.

Die Stormers-kaptein, Schalk Burger, sal straks nou sy oog op ’n veel groter prys hê – die ­Kapenaars is net twee seges weg daarvan om as die kampioenspan van die Suidelike Halfrond gekroon te word.

Suid-Afrika se hoop om drie spanne in die uitspeelwedstryde van die Super-reeks te hê, het vroeër Saterdag gesneuwel toe die Waratahs in Sydney maklik met 41-7 met die Brumbies afgereken het.

Dit het meegebring dat die kragmeting op Loftus tussen die Bulls en Sharks effektief op ’n uitklopwedstryd neergekom het.

Die Bulls was die gunsteling om as oorwinnaars van die veld te stap nadat hul ses agtereenvolgende oorwinnings behaal het, maar die Sharks het van meet af ingeklim.

Tog kan die Bulls vandag hul koppe omhoog hou ná hul puik terugvegpoging in die kompetisie ná ’n nagmerrie-begin in die reeks.

Om ses wedstryde op ’n streep te wen, sit in min spanne se broek.

Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: rugby  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
69 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.