Ruben kan spelers inspireer
2010-01-30 15:46
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
JJ Harmse
Polokwane-Die minuut se stilte vooraf vir die ontslape Springbok-legende Ruben Kruger sal dalk vandag hier in die Peter Mokaba-stadion ’n effense somberheid plaas vóór die afskop van die Bulls en Lions se oefenwedstryde.
Maar as enige van die sowat 100 spelers van dié streekrugbyspanne hoegenaamd wil hulde bring aan Kruger se erfenis, hoef hulle net te probeer om soos dié gewese vuurvreter te speel.
Harde inklimspel, vaardige hardloopwerk met die bal in die hand en vurige verdediging is nie net wat Kruger nalaat nie, maar ook wat die afrigters Frans Ludeke (Bulls) en Dick Muir uit die twee wedstryde verwag.
En maak geen fout nie, oefenwedstryd of nie, die spanne hou nie vreeslik baie van mekaar nie. Die hare sál waai.
Daar is meer vir die Lions-breier, Muir, op die spel as vir Ludeke.
Muir hou die leisels nog net ’n paar maande vas en weet nog nie hoe sy spelers onder druk gaan optree of presteer nie.
Waar Ludeke al sy beskikbare groot kanonne gekies het vir die hoofwedstryd en in die eerste wedstryd van die dag rustig agteroor kan sit om te kyk wie die honger het om die finale groep te haal, moet Muir nog kyk watter kombinasie pas by wie.
Hy moet ook bepaal watter temperament pas die beste by wat hy in gedagte het.
Die Lions se grootste rugbybreine, die beseerde Jano Vermaak en nuweling Carlos Spencer, sal die wedstryde uit ’n losie langs die veld dophou, so Muir sal meer op soek wees na veelsydigheid.
Die Lions soek ’n pak voorspelers wat by die onvoorspelbare briljantheid van hul skakelpaar (en Earl Rose!) kan inval en Muir sal ook spelers soek met vaart wat kan afrond.
- Die spanne is:
Bulls (wit): Tiger Mangweni, Sampie Mastriet, Stephan Dippenaar, Stefan Watermeyer, Clayton Blommetjies, Francois Brummer, Ruan Snyman, Dries van Schalkwyk, CJ Stander, Okkie Kruger Wilhelm Steenkamp (k), Fudge Mabeta, Bees Roux, Bandise Maku, Jaco Engels. PLAASVERVANGERS: Henri Bantjes, Dean Greyling, Cornell Hess, Devin Oosthuizen, Danie Faasen, Marnitz Boshoff, Wynand Willis, Rossouw de Klerk, De Wet Barry.
Lions (swart): Earl Rose, Dusty Noble, Rouan Cloete, Justin St. Jerry, Shandré Frolick, Burton Francis, Chris Jonck, Jonathan Mokuena, Thabo Mamojele, Danie Crous, Franco van der Merwe, Jannes Labuschagne (k), JC Janse van Rensburg, Derek Harwood, Lawrence Sephaka. PLAASVERVANGERS: Hans van Dyk, Nico Luus, Johan van Deventer, Doppies la Grange, Jannie Boshoff, Alwyn Hollenbach.
Skeidsregter:Jaco Peyper.
Afskop:16:00.
Bulls (blou): Zane Kirchner, Gerhard van den Heever, Jaco Pretorius, Jacques-Louis Potgieter, John Mametsa, Morné Steyn, Fourie du Preez; Pedrie Wannenburg, Derick Kuün, Deon Stegmann, Victor Matfield (k), Flip van der Merwe, Werner Kruger, Gary Botha, Gurthrö Steenkamp. PLAASVERVANGERS: Jaco Engels, Bandise Maku, Bees Roux, Wilhelm Steenkamp, Ruan Snyman, Francois Brummer, Stephan Dippenaar, Dries van Schalkwyk, De Wet Barry.
Lions (rooi): Michael Killian, Wigan Pekeur, Deon van Rensburg, Walter Venter, Henno Mentz, Herkie Kruger, Alex Kock, Todd Clever, Derrick Minnie, Baywatch Grobbelaar (k), Willem Stoltz, George Earl, Kevin Buys, Hannes Franklin, Heinke van der Merwe. PLAASVERVANGERS: Charles Emslie, David Bulbring, Robert Kruger, Allister Siegelaar, Trompie Nontshinga, Bernardo Botha, Wandile Mjekevu.
Skeidsregter: Marius Jonker.
Afskop:18:30.
- Die Burger