Super Rugby

Ruan terug op skrumskakel

2010-03-05 09:38
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Plumtree kies Michalak op skrumskakel
Plumtree kies Michalak op skrumskakel

Die afrigter van die Sharks, John Plumtree, het sy span aangekondig vir die vriendskaplike wedstryd teen Boland op Kingspark in Durban.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Bulls en Cheetahs oefen
Bulls en Cheetahs oefen

Die Cheetahs en Bulls oefen vir die groot Super Rugby-derby op Loftus Versfeld.

Christo Buchner

Johannesburg

Die Sharks het hul vernaamste bron van punte die trekpas gegee.

Die KwaZulu-Natallers kom Saterdag in hul Super14-rugbywedstryd in Sydney teen die Waratahs te staan.

Rory Kockott het 39 van die Sharks se 44 karige punte in hul eerste drie wedstryde aangeteken, maar bevind hom op die plaasvervangerbank, met Ruan Pienaar wat die eerste keer dié seisoen in sy gunsteling-posisie in die nr. 9-trui begin.

’n Nuwe skakelpaar is deel van die sewe veranderings wat gemaak is aan die span, wat teen die Crusaders vasgeval het.
Vir die vierde week in ’n ry word weer getorring aan die voorry, met John Smit wat van vaskopstut na haker skuif, met Jannie du Plessis wat die nr. 3-trui dra.

Die beweeglike Deon Carstens begin die eerste keer dié seisoen ’n Super14-wedstryd, met Beast Mtawarira wat vir hom aan die loskopkant plek maak.
Pienaar se nuwe skakelmaat is Andy Goode (Engelse losskakel), met Riaan Swanepoel wat as senter langs Adrian Jacobs in die plek van Waylon Murray inskuif.

Keegan Daniel is terug langs die kant van die skrum in die plek van Jacques Botes. Pienaar was maar baie plan- en lusteloos in die wedstryde waarin hy losskakel gespeel het.
Daar sal van hom verwag word om meer vonk as skrumskakel te verskaf. Die stelskopwerk sal ook waarskynlik aan Pienaar toevertrou word.

In daardie opsig het dié Springbok-speler groot skoene om vol te staan, aangesien Kockott se korrel dodelik akkuraat ingestel was.
Dit is egter drieë wat die Sharks wil hê en Pienaar en Goode sal rigting moet gee aan ’n agterlyn wat skynbaar nie die slaankrag het om uit ’n dun papiersak los te wikkel nie.

Die Sharks-span is:
Stefan Terblanche, Odwa Ndungane, Adrian Jacobs, Riaan Swanepoel, JP Pietersen, Andy Goode, Ruan Pienaar, Ryan Kankowski, Willem Alberts, Keegan Daniel, Johann Muller, Steven Sykes, Jannie du Plessis, John Smit (kaptein), Deon Carstens.
Plaasvervangers: Bismarck du Plessis, Beast Mtawarira, Wilhelm Steenkamp, Jean Deysel, Jacques­ Botes, Rory Kockott, Waylon Murray

- Die Burger

 

Lees meer oor: waratahs  |  super14  |  sharks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

Dante sê... Ag, Sweet.......... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES

C200 Elegance
2002
R 131,579.00

TOYOTA

Corolla 1.6 Professional MY09
2009
R 139,950.00

DODGE

Caliber 2.0 SXT 5-dr MY10
2011
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.