Roodt kry sy Lions-kans
2012-01-25 10:12
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Johannesburg. – Die Lions se slot-aanwins, Hendrik Roodt, gaan Vrydag die eerste keer in die rooi trui speel wanneer sy nuwe Super-rugbyspan ’n voorseisoense wedstryd teen die Stormers in Kaapstad speel.
Met Wikus van Heerden wat steeds ná ’n besering herstel, sal Roodt saam met Franco van der Merwe as slot teen die Kapenaars sak.
Daar word uitgesien na die impak wat Roodt, wat Griekwas verlede jaar verteenwoordig het, as ’n fisieke nr.4-slot vir die Lions kan hê.
John Mitchell, afrigter van die Lions, het ’n span aangewys wat weinig verskil van die een wat die Curriebeker-eindstryd vir die Goue Leeus in Oktober teen die Haaie gewen het.
Mitchell het die afgelope twee seisoene bestendigheid begin kweek en gaan duidelik nie van dié beginsel afwyk nie.
Die tydelike afwesigheid van Van Heerden, CJ van der Linde, Michael Rhodes, Elton Jantjies, Alwyn Hollenbach en Waylon Murray het Mitchell wel gedwing om ’n paar ander kombinasies op die proef te stel.
Die Lions-span is: Jaco Taute, Deon van Rensburg, Lionel Mapoe, Doppies la Grange, Michael Killian, Butch James, Michael Bondesio, Warren Whiteley, Josh Strauss (k), Derick Minnie, Franco van der Merwe, Hendrik Roodt, Patric Cilliers, Bandise Maku, JC Janse van Rensburg. PLAASVERVANGERS: Callie Visagie, Caylib Oosthuizen, Jacobie Adriaanse, Stephan Greeff, Ruan Botha, Cobus Grobbelaar, Doppies le Roux, Anthony Volminck, Dylan des Fountain, James Kamana, Andries Coetzee.
Slegs die slotpaar wat in ’n oefenwedstryd teen die Boland-Kavaliers vir die Stormers uitgedraf het, is weer in die beginspan vir Vrydagaand se kragmeting, berig Louis de Villiers uit die Kaap.
Met Andries Bekker en Rynhard Elstad wat, nes Duane Vermeulen, eers aanstaande week voluit sal kan oefen, is De Kock Steenkamp en Eben Etzebeth weer gekies.
Die Stormers-span is: Joe Pietersen, Gio Aplon, Juan de Jongh, Bryan Habana, Gary van Aswegen, Louis Schreuder, Nick Koster, Siya Kolisi, Schalk Burger (k), De Kock Steenkamp, Eben Etzebeth, Brok Harris, Deon Fourie, Steven Kitshoff. PLAASVERVANGERS: Tiaan Liebenberg, Deon Carstens, Frans Malherbe, Don Armandt, Reuben Johannes, Nizaam Carr, Nic Groom, Burton Francis, Marcel Brache, Gerhard van den Heever, Danie Poolman.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24