Super Rugby

Robert-hulle reg vir Meyer

2011-06-03 09:14
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Bloemfontein - Hy is lank hier hoog aangeskryf as planmaker en het in die eerste ontmoeting met sy voormalige span tande gewys, maar Meyer Bosman se verdediging sal Saterdag behoorlik deur sy ou spanmaats getoets word.

Dié Sharks-senter keer die eerste keer sedert sy vertrek na Durban na die Vrystaat-stadion terug en sal alles behalwe ’n helde-ontvangs van Corné Uys en Robert Ebersohn ontvang.

Uys en Ebersohn het dikwels die middelveld saam met Bosman, wat nog nie sy beste peil in ’n Sharks-trui bereik het nie, vir die sentrale streekspan beman.

Dit is veral Bosman se verdediging wat vanjaar ’n leemte in die besoekers se mondering was en waaruit die Cheetahs-senterpaar wil munt slaan.

Hoewel die Sharks in 2011 se eerste kragmeting in die Haaitenk met 24-9 baas was, kom Bosman-hulle dié keer teen ’n ander Cheetahs-span, een wat met sy aanvallende spel beïndruk, te staan.

Ebersohn-hulle het hoeka verlede naweek die Bulls se Springbok-senterpaar, Wynand Olivier en Jaco Pretorius, ore aangesit.

Soveel so dat Ebersohn, ondanks die Cheetahs se nederlaag van 21-32 op Loftus Versfeld, as speler van die wedstryd aangewys is. Dié Blitsbok se werkverrigting is baie hoog. En as buitesenter besorg hy sy teenstanders hoofbrekens met sy goeie voetwerk, iets waaraan hy vanjaar hard werk.

Die leemte in Bosman se verdediging vanjaar is onder andere deur die Crusaders se Sonny Bill Williams en die Stormers se Jean de Villiers ontbloot en Ebersohn-hulle wil sekerlik dieselfde doen.

Volgens Hawies Fourie, agterlyn-afrigter van die Cheetahs, het die tuisspan ’n hoë agting vir Bosman, maar meen hy ook dié Bok is nie heeltemal op dreef nie.

“Meyer se balverspreiding is beslis sy sterkpunt. Hy is waarskynlik die binnesenter met die beste aangee in die land. Hy het aan die begin van die Super Reeks goed gespeel, maar nog nie so goed by die Sharks aangepas soos wat ek verwag het nie. Hy sukkel die laaste tyd ’n bietjie met sy peil,” sê hy.

Fourie meen Bosman en die Sharks-losskakel, Patrick Lambie, is die spil waarom die besoekers se aanvalle draai en daarom moet die Cheetahs hulle ontwrig.

Hoewel Bosman se balverspreiding sy sterkpunt is, het teenstanders dit dikwels reggekry om van sy aangeë te “lees” en te onderskep.

Tog sê Fourie die Cheetahs sal nie daarop uit wees om noodwendig teen Bosman te probeer onderskep nie.

“Ek dink nie ’n ou moet te veel klem lê daarop nie. Ons verdedigingstelsel werk nie so dat jy vir onderskep-drieë kan gaan nie. Bryan Habana het Meyer destyds goed gelees toe hy vir ons gespeel het, maar ’n ou maak jouself ook kwesbaar op die verdediging as jy vir ’n onderskepping opskiet.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: meyer bosman  |  cheetahs  |  sharks  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Senior C# Developer

Cape Town CBD
Hire Resolve
R30000 - R40000

Manual Tester

South Africa, Gauteng
Hire Resolve
R20000 - R23000

Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R35000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.