Super Rugby

Reus teen reus in eindstryd

2010-05-29 15:06
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

J.J. Harmse

Pretoria - Die een word al lank geëer as die beste slot ter wêreld. Die ander is die kroonprins.

Vandag in die Orlando-stadion ontmoet Springbok-rugby se twee ster-slotte as teenstanders in wat beskou word as die super-tweestryd van die Super14-eindstryd.

Die stryd tussen Victor Matfield en Andries Bekker sal nie net bepalend wees in hul spanne se strewe om 2010 se Super14-kampioene te word nie, maar kan ook die tergende vraag beantwoord of die Stormers se hemelbesem gereed is om op na­sionale vlak by sy leermeester oor te neem.

Vir Matfield, die Springbokke en die Bulls se mees ervare slot tot nog toe, is dit nog nie sulke tyd nie, hoewel hy baie lof het vir die Stormers-reus. Trouens, hy beskou Bekker as die beste nr. 5-slot wat rugby speel. “Andries is sekerlik die beste nommer vyf ter wêreld. Daar is niemand wat naby hom kom nie. Hy is ’n uitstaande speler,” meen Matfield.

Hy gaan egter nie toelaat dat hy getroef word nie, maar erken sy taak word bemoeilik omdat hy en Bekker as Springbokke gereeld saamwerk en ontledings doen.

“Ons het in die laaste paar seisoene gereeld daar saamgewerk. Dit maak dus my taak moeiliker, maar die uitdaging ook groter. Boonop is ons goeie vriende; dus gaan dit beslis ’n interessante stryd wees.” het Matfield gesê.

Statistieke vertel dat die Bulls-kaptein die oorhand in die lynstane kan hê.

Die Bulls het vanjaar verskeie kere die bal met ál hul ingooie gewen. Trouens, die Bulls het met slegs 15 ingooie (8,4%) nié die bal gewen uit die 164 keer wat hulle dit ingegooi het nie.
Die Stormers is ewe gedug, met slegs 19 van hul 163 (10,4%) ingooie wat nie die kol getref het nie.

Waar die Stormers egter gemiddeld 6,7 keer in ’n wedstryd op Bekker gooi (hy het 81 uit 94 gooie op hom gewen), het die Bulls meer lynstaankeuses en word daar maar gemiddeld 4,9 keer in ’n wedstryd op Matfield gegooi. Matfield het 89% van sy eie balle gewen en Bekker 83%.

As dit kom by lynstaanballe steel, is die Bulls en die Stormers baie gelyk, met die Stormers (19,2%) ’n aks voor die Bulls (19%).

Bekker het 9 uit 37 balle by teenstanders afgeneem (24%) en Matfield 9 uit 31 (29%).

Die statistieke dui dus daarop dat Matfield steeds ’n beter lynstaanspringer as Bekker is, maar albei se werklike waarde is veel hoër as dit en kan nie altyd met statistieke gemeet word nie.

Daar is Matfield se leierskap wat vanjaar nuwe hoogtes bereik het. Sy keuses by strafskoppe, sy kalmte onder druk en sy vermoë om iets spesiaals te doen, maak dat hy die speler is na wie spanmaats eerste kyk.

Bekker het self as leier ontpop, maar dit was vanjaar sy vermoë met die bal in die hand, die intensiteit van sy duikslae en werk in die vastelos wat hom van die volgende speler onderskei het. Hy dink beslis ook meer oor die spel as voorheen.

Vandag se stryd sal dus wys of die jong bul gereed is om die ouer een uit die trop te stoot. 

- Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

Lees meer oor: soweto  |  bulls  |  stormers  |  super14

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla 180i GSX AT MY04
2005
R 135,995.00

CHEVROLET

Utility 1.4 Base MY12 PU
2012
R 119,995.00

FORD

Ranger 3.0TDCi Hi-Trail D-Cab XLE Dsl PU MY09 AT
2009
R 277,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.