Reds struikel voor 'Canes
2010-05-07 14:51
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Wellington - Die Hurricanes het Vrydag 'n yslike 31 punte in die tweede helfte van hul Super14-kragmeting opgestapel om die Reds met 44-21 in Wellington te klop.
Teen rustyd het die Reds met 21-13 voorgeloop, maar die tuisspan het dié agterstand vinnig in die tweede helfte uitgewis.
‘n Geelkaart vir ‘n gevaarlike duikslag deur die Reds-flank Andrew Shaw het die Hurricanes toegelaat om twee van hul ses drieë teen net 14 opponente te druk.
Die Reds, wat vanjaar se verrassingspakket in die Super14 is met oorwinnings oor sterk spanne soos die Crusaders, Stormers en Blues, is nou vyfde op die Super14-punteleer.
Die Hurricanes het na die derde plek op die punteleer geskuif. Dié wedstryd was agtsteman Rodney So’oialo se 100ste vir die Hurricanes en ook hul afrigter, Colin Cooper, se laaste tuiswedstryd as breier.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
Puntemakers:
Hurricanes: Drieë: Tamati Ellison, Hosea Gear (3), Cory Jane, David Smith Doelskoppe: Piri Weepu (4) Strafskoppe: Piri Weepu (2)
Reds: Drieë: Will Chambers, Rod Davies, Scott Higginbotham Doelskoppe: Quade Cooper (3)
- AFP