Reds stamp Stormers
2010-04-23 13:38
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Anja Carstens
Kaapstad - In die Stormers se laaste Super14-wedstryd voor hulle huiswaarts keer om die Crusaders op Nuweland te pak het die Kapenaars met 16-13 teen die Reds op die Suncorp-stadion in Brisbane verloor.
Die besoekers het eerste punte op die telbord gesit toe Andries Bekker in die derde minuut sy arms ver moes uitstrek om die bal oor die lyn te kry.
Skakelpaar, Will Genia en Quade Cooper, was weer die Reds se gevaarmanne, tog het die Stormers goeie dissipline by die afbreekpunte getoon en uitstekend verdedig.
Die Stormers het teen rustyd met 7-6 voorgeloop. Cooper het al die Reds se punte in die eerste helfte met sy skopskoen aangeteken.
In die tweede helfte was daar genoeg kanse vir punte met Bryan Habana wat lieflik onderskep het om te laat spaander, maar hy is met die skouer geloop voor hy die bal na sy skoppie kon optel.
Habana was ook weer die Stormers se redder kort voor die eindfluitjie geblaas is nadat hy skrumskakel Will Genia se poging vir 'n drie gekeer het deur sy arm tussen die bal en die gras te druk.
Die Kapenaars is met 'n bonuspunt in dié wedstryd steeds onder die top vier op die Super14-punteleer.
Puntemakers:
Reds: Drieë: Will Chambers Doelskoppe: Quade Cooper Strafskoppe: Quade Cooper (3)
Stormers: Drieë: Andries Bekker Doelskoppe: Peter Grant Strafskoppe: Peter Grant (2)
Die Stormers speel volgende naweek teen die Crusaders op Nuweland en die Reds kom teen die Brumbies in Canberra te staan.
- Nuus24