Reds-speler in motorongeluk
2010-03-03 14:28
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Queensland, Australië – Die Reds se losskakel Quade Cooper is ongedeërd na hy in ‘n motorongeluk betrokke was en sal saam met sy span na Nieu-Seeland reis vir hul wedstryd teen die Chiefs.
Dié losskakel was vanaf sy huis in Bulimba, Brisbane op pad om te gaan uiteet toe die ongeluk in nat toestande plaasgevind het.
“‘n Jong meisie en haar gesin was in die ander motor en sy het ‘n verkeersteken verontagsaam, maar niemand is beseer nie," het Cooper gesê.
Cooper het gesê sy motor sal herstel moet word maar dat hy nie daaroor bekommerd is nie.
“Dit sal reggemaak word. Die hoofsaak is dat almal veilig is,” het hy gesê. “Ek was meer bekommerd oor die meisie, sy het regtig geskrik.”
Die Reds speel Vrydag teen die Chiefs in Hamilton en kan nie bekostig om nog spelers aan beserings af te staan nie met die vleuel Digby Ioane (knie), heelagter Peter Hynes (vinger) en vleuel Rod Davies (wangbeen) wat reeds op die krukkelys is.
- Sport24