Super Rugby

Plumtree prys 'dapper' poging

2011-06-19 22:30
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pretoria – Die Sharks-afrigter, John Plumtree, het sy span se oorwinning van 26-23 oor die Bulls Saterdag as ‘n dapper spanpoging teen een van die beste spanne in die toernooi beskryf.

Die Sharks het nou die moeilike taak om teen die Crusaders in Nelson te staan te kom, waar hulle die buiteperd sal wees in dié wegwedstryd.

“Daar was ‘n spesiale poging nodig teen ‘n goeie span. Veral voor hul tuisskare was dit baie dapper – die manne was baie moedig en ons het vir 80 minute gewys dat ons as ‘n groep kan werk en dit was die mees bevredigende ding,” het Plumtree gesê.

Die span van Durban het hul man gestaan wat die fisieke spel betref en het seker gemaak hulle laat nie die Bulls-kaptein, Victor Matfield, toe om in beheer van sake by die lynstaan te wees nie.

Plumtree het gesê veral die lynstane is die “hart en siel” van Bulls-rugby en hy is bly sy span het by die wedstrydplan gebly.

“Om hier bo te wen, moes ons die plan uitvoer. Dit was nie altyd perfek nie, maar jy kon sien wat ons wou doen en om nie te veel lynstane aan die Bulls af te staan nie, was belangrik, so ons moes skop en dan verdedig,” het hy gesê.

“Daar is nie een manier om hulle te klop nie, maar ons het besluit om hulle te klop en het seker gemaak ons is toegewyd.”

Die besluit om die Franse losskakel Frederick Michalak bo Patrick Lambie te kies, het ook vrugte afgewerp.

“Fred het sy ervaring daarbuite getoon en dit was vir ons van kritieke belang op ‘n groot verhoog soos dié.

“’n Ou soos Pat Lambie gaan baie leer by Fred. Sy skepskop was belangrik, asook die manier waarop hy die wedstryd dikteer het.”

- Vir die jongste sportnuus, volg Nuus24Sport op Twitter

 

- SAPA

Lees meer oor: john plumtree  |  super rugby  |  sharks  |  bulls

Lewer kommentaar op hierdie artikel
36 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.