Plumtree maan oor dissipline
2010-03-10 14:21
In-diepte Verslae
Die beseerde losvoorspelers CJ Stander en Dewald Potgieter kan straks gekies word vir die Bulls se Super-stryd teen die Chiefs in Hamilton.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad - Die breier van die Sharks John Plumtree het gesê hy sal strenger optree teen spelers wat geelkaarte in die res van die Super14-wedstryde kry.
Plumtree het verwys na die Sharks se nederlaag van 25-21 teen die Waratahs in Sydney waar die stut Jannie du Plessis en losskakel Andy Goode in die eerste helfte van die veld gestuur is.
Die Sharks het reeds vyf geelkaarte in net vier wedstryde ontvang en Plumtree meen dit is onaanvaarbaar.
“Ek is al vir ‘n geruime tyd omgekrap oor ons dissipline," het Plumtree op die Sharks se webwerf gesê.
Plumtree het gesê hy sal spelers uit die span skop wat in die toekoms geel kaarte ontvang.
“Ek het vir die ouens gesê die volgende speler wat ‘n geel kaart ontvang, kry ‘n rooikaart van my. Wanneer jy sukkel om uit die gat te kom en dit dan moeiliker vir jou span maak deur van die veld gestuur te word, is dit laf en plaas dit net onnodige druk op die span,” het Plumtree gesê.
Die Sharks speel Saterdag teen die Brumbies en speel daarna teen die Hurricanes in Dunedin, Nieu-Seeland.
- Sport24