Super Rugby

Plumtree lig dalk sluier oor Div-planne

2011-05-09 07:02
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Durban - Jean Deysel het in die naweek sy naam in die reeds vollerige losvoorspelerhoed gegooi vir dié spelers wat later vanjaar Wêreldbeker-toernooi toe wil gaan.

Dié Sharks-flank het eergister in sy eerste volle wedstryd in Super Rugby uitgedraf nadat ’n kniebesering hom bykans die hele 2010-seisoen langs die kantlyn laat staan het.

En hy het beïndruk met sy werkverrigting, dryfspel en lakwerk.

Kortom, die besering het beslis nie Deysel se vermoëns nadelig beïnvloed nie en hy sal beslis in tel wees as die Drienasies-reeks aanbreek.

“Jean was uitstekend.

“Hy het alles gedoen wat ek van hom verwag het,” was agterna John Plumtree, die Sharks-afrigter, se mening.

Plumtree het dalk onwetend die sluier gelig oor hoe die Bok-afrigter, Peter de Villiers, vanjaar se Drienasies-reeks gaan benader.

SA Rugby en SAB maak oormôre ’n “groot aankondiging” – waarskynlik ’n borgskap vir dié spogreeks tussen die Springbokke, die Wallabies en die All Blacks.

Plumtree meen egter vanjaar se reeks gaan nie dieselfde intensiteit as in vorige jare hê nie en glo De Villiers gaan die net wyd span in dié vier toetse.

“Ek kan eerlikwaar nie sien dat enigiemand oor die Drienasies gaan praat as die Superreeks verby is nie. Dan gaan dit net Wêreldbeker-praatjies en beplanning wees.

“Die Drienasies kan ’n waardevolle toernooi wees om nog spelers wat nie so baie gespeel het nie, ’n lopie te gee,” het hy gesê.

“Die span wat tuis sal speel (in Durban teen Australië en Port Elizabeth teen Nieu-Seeland) sal seker sy (De Villiers) se voorkeurspan wees, maar ek dink vir die twee wegwedstryde in die reeks, gaan Peter kyk na speelminute in die Superreeks.”

Dit maak volgens Plumtree sin om gereelde toetsspelers tydens die oorsese deel van die reeks ’n blaaskans te gee, iets wat De Villiers se voorgang­er, Jake White, ook met groot vrug in 2007 gedoen het.

Dit kan aan spelers soos Deysel, Adrian Jacobs, Flip van der Merwe en Juan de Jongh ’n kans gee om hulle in die Wêreldbeker-groep te vestig.

Deysel se flankmaat, Keegan Daniel, moet vandag voor ’n tugkomitee verskyn nadat hy uitgewys is vir ’n beweerde gevaarlike, laat duikslag op die Brumbies-senter Christian ­Lealiifano.

Sport24

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: rugby  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
5 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.