Super Rugby

Plumtree draai geen doekies om

2011-04-04 08:15
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Durban - John Plumtree, die Sharks se afrigter, het sy span van naïwiteit onder druk beskuldig ná hul nederlaag van 6-16 Saterdagaand hier op Kingspark teen die Stormers.

“Ons het in die eerste helfte in hul hande gespeel en moes meer vir gebiedsvoordeel geskop het,” het Plumtree ná dié Super Rugby-wedstryd gesê.

Oor die Sharks se swak hanteerwerk en hul gesukkel in die lynstane, het Plumtree gesê dis ook ’n bron van kommer.

Ná ’n goeie begin in die reeks, waar die Sharks hul eerste vier wedstryde gewen het, het hulle nou drie keer agtereenvolgens verloor en raak hulle al hoe verder agter die voorlopers.

Nóg ’n nederlaag Saterdag hier teen die Lions kan gewis nie bekostig word nie.

Dis ’n gevaarstryd vir die Sharks, want hulle het nie ’n onlangse goeie vertoningslys teen die Lions nie.

Hulle het juis verlede jaar aan die einde van die seisoen teen die Leeus in die Curriebeker-reeks verloor.

Die Sharks se gebrek aan kontinuïteit, asook hul deurdringingsvermoë, is veral kommerwekkend.

“Die 50/50-kanse het ook nie na ons kant toe gegaan nie,” het Plumtree gesê.

“Boonop was daar ’n paar skeidsregter-beslissings wat grensgevalle was en waar ons aan die kortste ent getrek het,” het hy gesê.

“Ons het ’n stewige poging ingesit en werklik hard probeer, maar dinge wou nie uitwerk nie. Die Stormers was deurentyd in beheer.”

Volgens hom maak die Bok-slot Andries Bekker ’n groot verskil vir die Stormers in die lynstane en is Peter Grant, wat ’n ruk lank in Japan gespeel het, ’n aansienlike verbetering op losskakel.

“Hulle is ’n span wat in homself glo en dit maak ’n groot verskil,” sê hy.

Die Sharks het in hul laaste paar wedstryde grootliks as individue gespeel en het nie genoeg fases afgedwing om bewegings suksesvol af te rond nie.

By ’n paar geleenthede het spelers die voordeellyn oorgesteek, maar dan het ondersteuning ontbreek.

Plumtree glo ook nie die kwaai reisprogram van hul toer na Australië en Nieu-Seeland en verlede Sondag se kragmeting met die Cru­saders in Londen, het ’n rol gespeel in hul nederlaag.

“Tot aan die einde het ons nog goed bygehou, maar ons kon nie op die telbord, waar dit saak gemaak het, ons stempel afdruk nie,” het Plumtree gesê.
 
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: super rugby  |  stormers  |  sharks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.