Peter Grant op bank teen Lions
2011-02-23 14:31
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad - Die onervare Gary van Aswegen sal op losskakel vir die Stormers uitdraf in die Kapenaars se eerste Super Rugby-kragmeting Saterdag teen die Lions op Nuweland in Kaapstad.
Stormers-breier Allister Coetzee het by Woensdag se spanaankondiging gesê hy voel dat Van Aswegen die "logiese" keuse vir die nr. 10-trui was. Veral omdat die jongeling in al die Stormers se opwarmwedstryde gespeel het.
Die ervare Peter Grant is op die plaasvervangersbank. Grant het dié week saam met die Stormers begin oefen na hy van Japan teruggekeer het waar hy sy klubrugby gespeel het.
"Gary weet hoe die dinge werk. Hy het homself goed van sy taak gekwyt in die voorseisoense wedstryde," het Coetzee gesê.
"Op die oomblik is hy op die regte plek wat sy ontwikkeling betref."
Juan de Jongh skuif ook na die plaasvervangersbank om plek te maak vir Jaque Fourie in die nr. 13-trui.
"Ek wil eerder dat Jaque van die begin van die wedstryd speel. Hy kom terug van 'n besering, so dis belangrik om dadelik te sien as iets nie lekker is nie," het die breier verduidelik.
Stormers:
15 Conrad Jantjes, 14 Danie Poolman, 13 Jaque Fourie, 12 Jean de Villiers, 11 Bryan Habana, 10 Gary van Aswegen, 9 Ricky Januarie, 8 Duane Vermeulen, 7 Francois Louw, 6 Schalk Burger (kaptein), 5 Andries Bekker, 4 Rynhardt Elstadt, 3 Brok Harris, 2 Deon Fourie, 1 CJ van der Linde
Plaasvervangers: 16 Siyabonga Ntubeni, 17 Frans Malherbe, 18 De Kock Steenkamp, 19 Pieter Louw, 20 Dewaldt Duvenage, 21 Peter Grant, 22 Juan de Jongh
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24