Peter Grant oorweeg skuif na Aus
2010-05-28 15:38
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Perth – Die losskakel Peter Grant mag dalk binnekort vir die Stormers verlore wees as hy besluit om volgende jaar vir 'n Super15-franchise in Australië uit te draf.
Volgens ‘n berig op die Rugby Heaven webtuiste, het Grant gesê dat hy sy rugby in Australië gaan speel as hy nie vanjaar vir die Springbokke gekies word nie.
Die Super15-franchise vir wie hy graag sal wil speel is glo die Western Force, wat met Matt Giteau se vertrek na die Brumbies, al voorheen met dié 25-jarige oor 'n moontlike skuif gesels het.
Die Force het gesê hulle het nie onlangs met Grant gepraat nie, maar die spanbestuurder, Mitch Hardy, het bygevoeg, “as hy daarin belang sou stel om vir ‘n Australiese span te kom speel, is hy meer as welkom om bietjie te kom rondkyk. Ons sal graag met hom met hom wil praat, natuurlik. Tog sal ek verbaas wees as hy nie vanjaar vir die Springbokke gekies word nie, hy het ‘n ongelooflike Super14-seisoen gehad."
Lees die volledige artikel hier.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Rugbyheaven