Peter Grant ingespan teen Cheetahs
2011-03-02 16:00
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Kaapstad - Die afrigter van die Stormers het sy span aangekondig wat Saterdag in die Super Rugby-kragmeting teen die Cheetahs op Nuweland sal uitdraf.
Peter Grant keer terug na die Stormers se 15-tal waar hy Gary van Aswegen op losskakel vervang.
Juan de Jongh vervang Jaque Fourie op buitesenter terwyl Pieter Louw die beseerde Schalk Burger sal vervang.
Die kapteinskap word deur Jean de Villiers oorgeneem.
Afskoptyd Saterdag is 17:05
Spanne:
Stormers:
15. Conrad Jantjes, 14. Danie Poolman, 13. Juan De Jongh, 12. Jean De Villiers (kaptein), 11. Bryan Habana, 10. Peter Grant, 9. Ricky Januarie, 8. Duane Vermuelen, 7. Francois Louw, 6. Pieter Louw, 5. Andries Bekker, 4. Rynhardt Elstadt, 3. Brok Harris, 2. Deon Fourie, 1. CJ van Der Linde
Plaavervangers: 16. Siyabonga Ntubeni, 17. Frans Malherbe, 18. De Kock Steenkamp, 19. Nick Koster, 20. Dewaldt Duvenage, 21. Gary Van Aswegen, 22. Paul Bosch
Cheetahs:
15. Hennie Daniller, 14. Philip Snyman, 13. Robert Ebersohn, 12. Andries Strauss, 11. Rayno Benjamin, 10. Naas Olivier (kaptein), 9. Sarel Pretorius, 8. Ashley Johnson, 7. Francois Uys, 6. Kabamba Floors, 5. Wilhelm Steenkamp, 4. Waltie Vermeulen, 3. WP Nel, 2. Rayno Barnes, 1. Coenie Oosthuizen
Plaavervangers: 16. Skipper Badenhorst, 17. Kobus Calldo, 18. Martin Muller, 19. Philip van der Walt, 20. Tewis de Bruyn, 21. Sias Ebersohn, 22. Riaan Viljoen
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24