Super Rugby

Oud-Stormer ’n Cheetah

2011-05-30 07:53
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pretoria - Die Cheetahs het ’n flank-noodsein aan die voormalige Stormer Pieter Myburgh uitgestuur nadat hulle Saterdag hier teen die Bulls hul sesde losvoorspeler van 2011 se Super Rugby-reeks weens beserings verloor het.

Myburgh, wat vanjaar vir die Engelse klub Leicester Tigers uitgedraf het, sluit hom Maandag vir die res van die reeks by die sentrale streekspan aan en sal ook in die Curriebeker-reeks vir die Vrystaat speel.

Dit volg nadat Kabamba Floors sy kruisligamente in die Cheetahs se nederlaag van 32-21 teen die Bulls op Loftus Versfeld seergemaak het.

Die Cheetahs moes reeds sonder die losvoorspelers Juan Smith (haksening), Heinrich Brüssow (dyspier), Philip van der Walt (knieligamente), Frans Viljoen (arm) en Leon Karemaker (skouer) klaarkom.

Boonop is die Griekwas-kaptein Wesley Wilkins (skouer), wat moontlik nader getrek kon word, ook op die krukkelys.

Naka Drotské, die Cheetahs se afrigter, het juis verlede week genoem dat sy span nie meer beserings op losvoorspeler of slot kan bekostig nie, aangesien daar nie meer plaasvervangers beskikbaar is nie.

Hoewel Floors volgens Drotské eers Maandag ’n finale skandering sal ondergaan, verwag hy die ergste.

“Kabamba sal môre (vandag) vir ’n skandering gaan, maar ek maak my daarvoor reg dat hy vir die res van die jaar uit gaan wees.

“Dit wat ons ná die wedstryd gesien het, het nie goed gelyk nie en kruisligamente is altyd ’n lang storie,” sê Drotské.

Floors kan maande langs die kantlyn wees en daarom is daar inderhaas ’n plan gemaak om Myburgh, ’n Namibiër van geboorte, nader te trek.

“Pieter Myburgh sal Maandag (vandag) al in Bloem wees. Hy sal vir die res van die Superreeks vir die Cheetahs speel en tot aan die einde van die Curriebeker-reeks vir die Vrystaat beskikbaar wees,” sê Drotské.

Floors is vroeg van die veld af en dit het Johan Wessels, wat ’n week tevore teen die Melbourne Rebels sy buiging in Super Rugby gemaak het, aan die diep kant ingegooi.

Hoewel die Bulls in die eerste helfte op die grond baas was, het Wessels-hulle in die tweede helfte aansienlik beter in dié afdeling gevaar.

Die jong baljagter het homself teen die verdedigende kampioen laat geld en sy teenstanders hoofbrekens op die grond besorg.

“Johan het in die tweede helfte iets soos twee balle omgekeer, wat goed was. Ons sal Maandag (vandag) na die video kyk om presies te sien hoe hy gevaar het. Hy sal waarskynlik die volgende wedstryd (Saterdag in die Vrystaat-stadion teen die Sharks) begin.

“Daar is ses losvoorspelers uit en ons het nie meer opsies nie,” sê Drotské.

Wessels kan saam met die hardwerkende Ashley Johnson en onderskatte Davon Raubenheimer die lostrio teen die Sharks vorm.

Johnson was eenvoudig uitmuntend en het een van die mooiste drieë van die wedstryd gedruk. Raubenheimer doen stil-stil wat van hom verwag word.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: super rugby  |  beserings  |  bulls  |  cheetahs

Lewer kommentaar op hierdie artikel
8 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.