Oud-Leeus wil situasie help red
2010-05-13 09:09
In-diepte Verslae
Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.
Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.
Pieter Jordaan
Johannesburg - Só groot is verskeie oud-spelers van die Leeus se kommer oor die toestand waarin dié span hom bevind, dat daar nou gepoog word om ’n oud-spelerskomitee op die been te bring om die unie by te staan.
Dié oud-spelers het Dinsdagaand by die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) byeengekom om samesprekings te voer oor die moontlike rol wat só ’n liggaam voortaan kan speel.
Oud-spelers soos Francois Pienaar en Hennie le Roux tel glo onder diegene wat hulle oor die sukkelende span ontferm. Die voormalige Springbok-slot, Kobus Wiese, kon weens ander verpligtinge nie by die vergadering wees nie, maar het gesê hy dink enige unie, maar veral die Leeus, kan daarby baatvind.
“Die idee is dat ons ’n raadgewende rol speel. Maar daar is natuurlike sekere voorwaardes soos dat daar dan daadwerklik gehoor gegee moet word.
“Maar as dit nie ernstig opgeneem word nie kan ons dit maar los, want dan gaan ons ons tyd mors,” het Wiese gesê.
Ná ’n Super14-seisoen waarin die Lions al 12 hul wedstryde sover verloor het, is diegene wat die span op die hart dra duidelik ontsteld.
Wiese het nie doekies omgedraai oor die noodsaaklikheid vir iets om te verander by die Lions nie en het vanjaar se swak vertonings as “onaanvaarbaar” beskryf.
“Dit is van kritieke belang dat iets gebeur en dit is nou tyd dat daadwerklike veranderings gemaak moet word.
“Ek bedoel, dis so ’n trotse unie met só ’n pragtige stadion. Dit is onaanvaarbaar hoe dit nou gaan.”
Sterk gerugte bestaan wel dat die GLRU graag Springbokke soos die Du Plessis-broers, Bismarck en Jannie (Sharks), asook Butch James (Bath) en Jean de Villiers (Munster) hierheen wil lok.
Die uniebestuur, waaronder Manie Reyneke (uitvoerende hoof) en Kevin de Klerk (president), het dit nietemin intussen as “blote bespiegeling” afgemaak en gesê dat daar wel met spelers, wie se name nie genoem kan word nie, onderhandel word.
Dick Muir, wat van hierdie jaar af as direkteur van rugby die Lions afrig, sal vandag sy span aanwys wat die Cheetahs Saterdagmiddag in Welkom takel.
Cobus Grobbelaar (kaptein en flank) sal straks wel speel al het hy en sy vrou vroeër vandeesweek ’n baba ryker geword.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24