Super Rugby

Oud-Bok gee Ashley regmerk

2011-06-02 10:02
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Bloemfontein - Dit sal byna ’n sonde wees as die Springbok-rugbykeurders nie raaksien watter invloed Ashley Johnson op die Cheetahs se verbeterde spelpeil in vanjaar se Super Rugby-reeks het nie.

Dié bossiekop-losvoorspeler van die Cheetahs speel Saterdag hier in die Vrystaat-stadion teen die Sharks en in die sentrale streekspan se laaste ligaverpligting teen die Stormers, vir ’n plek in die Bokke se Drienasies- en finale Wêreldbeker-groepe.

Hy word deur menige as ’n speler beskou wat ondanks sy goeie spel, en vanweë die oorvloed talent onder die Suid-Afrikaanse losvoorspelers, hom nog op die randjie van insluiting in die nasionale span bevind.

Maar die voormalige ysterman en kantman van die Springbokke, André Venter, sê Johnson het reeds sý regmerk om die Bokke in die Drienasies en Wêreldbeker te verteenwoordig.

“Ashley is die soort speler wat in ’n wedstryd die haas uit die hoed kan pluk. Sy invloed, hetsy dit direk of indirek is, op die Cheetahs se terugvegpogings en wedstryde waarin hulle die uitklophou plant, is ongelooflik,” sê Venter.

“Sy werkverrigting is hoog en sy vaardighede is goed. ’n Mens sien ook min dat hy met die bal doodgaan. Ashley is ’n speler wat gereeld op die regte tye en plekke opduik – ’n talent wat vital is.

“Op die oog af lyk hy dalk nie so vinnig nie, maar statistieke wys dat hy baie vaart het. Hy doen goeie goed – wat omgekeerde besit en stewige verdediging insluit.”

Die 25-jarige Johnson sal Saterdag hier teen die Sharks se Bokke soos Willem Alberts, Keegan Daniel en dalk ook Ryan Kankowski geweeg word.

Venter sê juis die Sharks se Alberts is nóg een van die losvoorspelers wat hy ’n regmerk sal gee om die Bokke vanjaar te verteenwoordig.

Veral vir die wyse waarop Alberts met sy krag, gewig en fisieke spel oor die voordeellyn storm om momentum aan sy span te gee.

“Die Cheetahs is egter bevoorreg om losvoorspelers van die gehalte van Juan Smith, Ashley en Heinrich Brüssow te hê. Hulle vorm ’n goeie kombinasie en ek sal ál drie sonder enige twyfel vir die Bok-groep kies,” sê Venter.

 - In Smith en Brüssow se afwesigheid (albei is beseer), wag ’n groot uitdaging op die Cheetahs-lostrio Johnson, Johan Wessels en Davon Raubenheimer om die fisieke aanslag van Alberts-hulle af te weer.

Gelukkig vir die Cheetahs, wat ook sonder ander beseerde losvoorspelers soos Frans Viljoen, Kabamba Floors, Leon Karemaker en Philip van der Walt moet klaarkom, is die Sharks se ander vurige losvoorspeler Jean Deysel vir twee weke geskors.

Deysel is geskors vir ’n gevaarlike duikslag op die Waratahs-senter Tom Carter. Die Sharks het selfs in Deysel se afwesigheid nog genoeg diepte op losvoorspeler om die Cheetahs hope probleme in die losstryd te besorg. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
33 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.