Oud-All Black draf uit vir Chiefs
2011-03-03 11:39
In-diepte Verslae
Die heelagter SP Marais is in die beginspan gekies vir die Kings se Super-wedstryd teen die Cheetahs in Port Elizabeth.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Sydney - Die afrigter van die Chiefs, Ian Foster, het vyf veranderinge gemaak aan die span wat Saterdag in die Super Rugby-wedstryd teen die Melbourne Rebels in Hamilton uitdraf.
Die Kiwi's soek steeds na 'n wenformule na hulle hul eerste twee wedstryde van die Super Rugby-seisoen teen die Highlanders en Brumbies verloor het.
Op die Chiefs se tuisveld blyk daar nie juis veel voordeel te wees nie aangesien hulle verlede jaar net een van hul sewe tuiswedstryde kon wen.
Die veteraan-senter Tana Umaga, maak sy terugkeer tot Super Rugby in die nr.12-trui.
En die All Blacks Stephen Donald en Brendon Leonard kry ook 'n kans om indruk te maak in die los- en skrumskakel-posisies.
Donald sal in sy 75ste wedstryd uitdraf terwyl Tanerau Latimer en Lelia Masaga in hul 50ste kragmeting vir die Chiefs verskyn.
Afskop Saterdag is 08:35.
Spanne:
Chiefs:
15. Mils Muliaina (kaptein), 14. Lelia Masaga, 13. Dwayne Sweeney, 12. Tana Umaga, 11. Sitiveni Sivivatu, 10. Stephen Donald, 9. Brendon Leonard; 8. Liam Messam, 7. Tanerau Latimer, 6. Scott Waldrom, 5. Isaac Ross, 4. Craig Clarke, 3. Nathan White, 2. Aled de Malmanche, 1. Ben May
Plaasvervangers: 16. Sona Taumalolo, 17. Hila Elliot, 18. Romana Graham, 19. Steven Setephano, 20. Taniela Moa, 21. Mike Delany, 22. Tim Nanai-Williams
Rebels:
15. Mark Gerrard, 14. Lachlan Mitchell, 13. Stirling Mortlock (kaptein), 12. Julian Huxley, 11. Cooper Vuna, 10. Danny Cipriani, 9. Nick Phipps, 8. Gareth Delve, 7. Michael Lipman, 6. Jarrod Saffy, 5. Kevin O'Neill, 4. Adam Byrnes, 3. Greg Somerville, 2. Ged Robinson, 1. Nic Henderson
Plaasvervangers: 16. Heath Tessmann, 17. Laurie Weeks, 18. Alister Campbell, 19. Tom Chamberlain, 20. Richard Kingi, 21. Afusipa Taumoepeau, 22. Peter Betham
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24