Super Rugby

Opwindende Cheetahs lok skares

2011-06-07 08:07
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Bloemfontein - Daar is ’n rede waarom toeskouers weer naweke hier na die Vrystaat-stadion opruk.

Die opwindende spel wat die Cheetahs in 2011 se Super Rugby-reeks lewer, het nie net ondersteuners in die sentrale streek gaande nie, maar kry lof van regoor die land.

Hoewel die Cheetahs nie aanspraakmakers op ’n plek in die uitkloprondes is nie, is hulle steeds een van die voorste aanvallende spanne.

En hulle het dit vermag met ’n krukkelys wat enige hospitaal breed sal laat glimlag.

Hoewel die sentrale streekspan reeds 15 wedstryde teenoor die meeste ander spanne se 14 gespeel het, is hy die eerste span wat meer as 400 punte kon aanteken. Sy 401 punte is die meeste en sy 40 drieë die derde meeste in die reeks.

Slegs die Reds (41) en die Cru­saders (42) kon meer drieë druk. Die Cheetahs se 40 drieë oortref ook hul vorige meeste (34) in 2008 en 2010 se seisoene.

G’n wonder nie dat meer as 23 000 toeskouers Saterdag die Cheetahs se kragmeting hier met die Sharks bygewoon het. Die span het vandeesweek ’n loslootjie en speel sy laaste wedstryd daarna hier teen die Stormers.

Die aanskoulike rugby wat die Cheetahs speel, word ongelukkig nie weerspieël deur hul 11de plek op die puntelys nie, maar hulle het beslis karakter getoon.

Naka Drotské, die Cheetahs se afrigter, moes vir die grootste deel van die reeks sonder die beseerde Springbok-flanke Juan Smith (haksening) en Heinrich Brüssow (knie, rib, dyspier), asook die Bok-senter Andries Strauss (lies), klaarkom.

Die slotte Waltie Vermeulen (harsingskudding) en Wilhelm Steenkamp (knie), die losvoorspelers Philip van der Walt (knie), Leon Karemaker (skouer), Frans Viljoen (arm) en Kabamba Floors (knie) en die vleuels Jongi Nokwe (knie) en Philip Burger (dyspier) is ook op die krukkelys.

Verder was ander spelers soos die haker Adriaan Strauss (hand), die vleuel Rayno Benjamin (dyspier) en die heelagter Hennie Daniller (kuit) ook lank uit.

Die Cheetahs se veggees blyk ook uit die sewe bonuspunte wat hulle vir nederlae met minder as sewe punte ontvang het.

Hoewel daar vanjaar meer wedstryde gespeel word, is die span se 11 bonuspunte, wat ook vier vir meer as vier drieë in ’n wedstryd insluit, die tweede meeste tot nog toe in die reeks. Slegs die Blues (12) kon in 1997 meer bonuspunte verdien.

In 2010 het die Cheetahs 13 wedstryde en in 2011 reeds 15 gespeel.

Die skrumskakel Sarel Pretorius deel met sy nege drieë, ’n rekord vir die Cheetahs, die eerste posisie vir driedrukkers met die Bulls-vleuel Bjorn Basson.

Die losskakel Sias Ebersohn se 165 punte is ’n seisoen-rekord vir die Cheetahs in Super Rugby.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: cheetahs  |  super rugby

Lewer kommentaar op hierdie artikel
25 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.