Super Rugby

'Oorlog' wag teen Sharks

2012-02-23 08:59
Tweets Share Share line Print

In-diepte Verslae

Reds klop Brumbies met enkele punt
Reds klop Brumbies met enkele punt

Die Brumbies-losskakel, Zack Holmes, se onsuksesvolle strafdoel in die laaste minuut het die Reds met 'n enkele punt in Canberra laat wen.

Terugslag vir Lions se haker
Terugslag vir Lions se haker

Die haker van die Lions, Bandise Maku, het 'n ernstige skouerbesering opgedoen en sal 'n groot deel van die Super-rugbyreeks misloop.

Stormers pak Blues op Nuweland
Stormers pak Blues op Nuweland

Aksiefoto's van die Super-rugbywedstryd tussen die Stormers en die Blues op Nuweland in Kaapstad.

Pretoria – Die Sharks is ook, soos die Bulls, aan die herbou en besig om ’n volgende generasie spelers aan Super-rugby bekend te stel.

Dit is boonop albei spanne se eerste wedstryd van die nuwe seisoen en daarom meen hy Vrydag se stryd hier op Loftus Versfeld sal gewen word deur die span wat die “eerlikste en regte” 80 minute speel, het die Bulls se afrigter, Frans Ludeke, gesê.

“Ons is baie in dieselfde bootjie, so dit behoort te gaan oor wie die minste foute begaan, of nie foute op kritieke tye begaan nie en wie sy kanse die beste gaan benut.”

Ludeke wys daarop dat hoewel die Bulls met ’n hele paar nuwe gesigte opdraf, ’n paar aspekte van hul spel en spelers steeds dieselfde sal bly.

“Ons tegniese besluitnemers is vol ervaring en in die belangrikste posisies op die veld, so dit behoort in ons guns te tel.

“Daar het nie soveel verander in die manier hoe ons dinge wil doen nie. Daar is vars idees, maar die ou waardes het behoue gebly.”

Die breier het erken dat die Sharks se huidige peil vir hom ’n onbekende faktor is.

“Ons kon nie veel uit die Sharks se voorseisoen wys word nie, want dit was moeilik om die standaard van hul teenstanders te oordeel.

“Dit is egter nie moeilik om te voorspel dat hulle die bal gaan dra, dit in ruimte probeer kry en dit dan daar hou nie.”

Die Bulls se aanslag is tradisioneel meer direk en volgens Ludeke sal “die voordeellyn” die bepalende faktor wees.

“Die span wat dit gaan bepaal, behoort die wedstryd te wen. ’n Mens moet aanvaar dat alles nie al in die eerste wedstryd net in plek sal val nie, maar dit geld albei spanne.”

Die Bulls se kaptein, Pierre Spies, glo dat hoewel die Sharks self ’n paar nuwe gesigte gaan hê, “die gebruiklike konfrontasies” dieselfde gaan wees.

“Dit gaan weer ’n fisieke oorlog wees,” het hy voorspel.

Sy troepe is egter slaggereed en lê en wag in die loopgrawe.

“Ons benader die wedstryd met ’n goeie energie. Ons het hard gewerk om hier te kom, nou moet ons die volgende tree neem en die werk op die oefenveld ’n sukses op die speelveld maak.”

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: bulls  |  sharks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
19 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Super Rugby-kommentaar

leonhallza sê... Sonny Bill sal een van die dae een van die beste oorsese spreekbuise teen misdaad in RSA wees... Laat dit maar net bietjie so aangaan.. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-19°C Sunny. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 5-18°C Sunny. Cool. Bfn: 5-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-24°C Scattered showers. Morning clouds. Mild. PE: 13-19°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Trendline 5-dr MY05
2007
R 125,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.