O'Connor lei Rebels teen Waratahs
2013-02-26 14:15
In-diepte Verslae
Die Bok-stut Tendai "Beast" Mtwarira is terug vir die Sharks se Super-stryd teen die Bulls, nadat hy lank op die kantlyn was weens 'n besering.
Die Cheetahs se afrigter, Naka Drotské, het die versoeking weerstaan om Heinrich Brüssow in die 15-tal te kies vir die stryd teen die Higlanders.
Melbourne – Die veelsydige Wallaby James O'Connor sal die naweek by Gareth Delve die leisels van die Rebels oorneem wanneer hulle Vrydag die Waratahs pak.
Delve het nie volkome herstel van ‘n skouerbesering wat hy opgedoen het teen die Brumbies verlede week nie, het Rugby 365 berig.
“Niks is struktureel fout met Gareth se skouer nie. Hy het net verlede week ‘n paar stampe en stote opgedoen en gaan nie gereed wees vir hierdie naweek se wedstryd nie,” het die afrigter Damien Hill gesê.
Jordy Reid sal op die plaasvervangerbank diens doen, met Cadeyrn Neville wat op slot sal uitdraf. Luke Jones sal na die toekantflank skuif met die ervare Scott Higginbotham wat op agtsteman sal uitdraf.
Hill was ook opgewonde oor O’Connor se kans op kapteinskap.
“James het die afgelope ses maande as ‘n rugbyspeler volwasse geword en was baie nederig toe ek vir hom die kapteinskap aangebied het.”
Die groep is ook verlig dat die gevaarlike Kurtley Beale betyds van 'n besering herstel het om op losskakel te kan uitdraf teen sy voormalige span.
Die Melbourne Rebels se span lyk so:
15 James O'Connor (kaptein), 14 Lachlan Mitchell, 13 Mitch Inman, 12 Rory Sidey, 11 Richard Kingi, 10 Kurtley Beale, 9 Nick Phipps, 8 Scott Higginbotham, 7 Scott Fuglistaller, 6 Luke Jones, 5 Cadeyrn Neville, 4 Hugh Pyle, 3 Laurie Weeks, 2 Ged Robinson, 1 Nic Henderson.
Plaasvervangers: 16 Shota Horie, 17 Paul Alo-Emile, 18 Jordy Reid, 19 Jarrod Saffy, 20 Nic Stirzaker, 21 Angus Roberts, 22 Tom English.
– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter